1 Voorverhit die oondrooster. Ontpit die soetrissies en sny dit in wiggies. Meng met die tamaties, ui, chorizo en olie en sprei dit op ’n bakplaat uit.

2 Rooster die mengsel tot die tamaties begin bars en die rissies kleur kry. Om voor te sit, laat dit effens afkoel en meng dan louwarm deur die ander bestanddele. Sit dadelik voor (voordat die blare verwelk) met balsemiekasyn en ekstra olyfolie.