1. Braai die spek in 30 ml olie tot bros, roer die saadmengsel by en braai tot liggerooster. Roer nou die noedels deur die warm olie en voeg die asyn by voor dit van die hitte verwyder word.

2. Meng die broccoli en murgpampoentjies met die orige olie en geur met sout en peper. Rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot die puntjies hier en daar begin swart verkleur. Verwyder van die hitte en meng saam met die roket en feta deur die louwarm noedels. Eet louwarm of koud.