1 Braai die spek in ’n 25 cm-pan tot bros; laat die spek se eie vet die pan smeer. 

2 Roer die patat by tot die blokkies begin braai. Voeg 125 ml kookwater by, sit die deksel op en kook tot die patat sag is en die water weggekook het (sowat 5-10 minute). 

3 Klits die eiers en room saam, geur met sout en peper en giet dit by die pan. Verlaag die hitte en roer aan die begin – net tot die eier begin stol. Laat die frittata dan vir omtrent 5 minute liggies braai tot gestol. 

4 Strooi die kaas oor en rooster onder die oond se roosterelement totdat die bokant goudbruin en die vla gaar is. Laat staan die frittata ’n rukkie en sny dit dan in skywe om voor te sit.