1. Meng die grondbone, kaas, meel en spinasie. Klits die eiers en room saam en meng dit by die ander bestanddele om ’n stywe beslag te vorm. (Die grondbone en kaas is reeds sout, daarom is ekstra sout nie nodig nie.)

2. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Skep lepels vol beslag in die pan en maak effens plat. Braai tot goudbruin alkante. Sit warm voor met geroosterde tamaties vir ’n ligte ete. Ook heerlik met varkworsies.