1 Verhit ’n pan en braai die steak in die sesamolie oor hoë hitte tot oraloor bruin. Draai die hitte laer en braai die steaks dan verder tot amper deurgaar.

2 Meng die sriracha, sojasous en heuning en glaseer die steaks daarmee terwyl dit braai. Strooi die sesamsaad oor en haal die steaks uit om te rus.

3 Smelt die botter in dieselfde pan en voeg die blomkoolrys en spinasie by. Panbraai saam totdat die spinasie verwelk het en die blomkool al dente is. Geur met sout en peper en skep uit op vier borde.

4 Meng die mielies, bone en uie en skep dit langs die blomkool en spinasie in elke bord. Skep ’n steak op of langs die groente en sit voor.