1 Sny enige oortollige vet van die steak af en vryf oraloor met die olie. Geur goed na smaak met sout en peper. Verhit ’n dikboompan tot warm en braai die steaks vir 4 minute aan ’n kant, sonder om te veel te karring, sodat dit ’n mooi goudbruin kors vorm.

2 Klits die sriracha-, soja- en worcestersous saam en verf mildelik oor die vleis terwyl dit braai. Braai nou nog 3–5 minute of tot die sous gekaramelliseer is; draai die vleis sodat die sous oraloor kan vasbraai. Die gaarmaaktyd gaan afhang van hoe dik die steak is en hoe gaar jy daarvan hou. Verwyder van die hitte en laat rus ’n paar minute.

3 Sny dan die vleis teen die draad in dun skyfies en meng enige pansappe deur. Skep saam met die avokado en slaai in die tortillas en vou toe. Geniet saam met mielies.  

Wenk Rek die vleis verder deur gebraaide sampioene ook by te voeg.