1. Sny die vet van die steak af en kap die vet in blokkies. Braai dit in ’n pan tot bros; skep die kaiings uit en behou die vet in die pan. Geur die steak met sout en peper en braai tot goudbruin en mediumgaar. Strooi die sesamsaad oor en laat rus op ’n kapplank.

2. Meng die blomkool, ui en botterbone en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Geur met sout en peper en rooster die groente onder die roosterelement totdat dit bruin puntjies vorm.

3. Maak die sous deur die tahini, suurlemoensap en -skil, olie en speserye saam te klits. Verdun met ’n bietjie water en geur met sout en peper. Meng die helfte van die sous deur die bulgur en skep uit op ’n dienbord.

4. Sny die steak in dun skyfies en meng met die res van die sous. Skep saam met die groente op die bulgur en strooi die kruie oor.