1 Verhit die olie en braai die ui tot glansend. Roer die kerriepoeier, rissie en knoffel by en braai nog ’n paar minute tot geurig. Roer die tamatiepasta by, gevolg deur die aftreksel, en laat prut vir 5 minute tot met die helfte ingedamp.

2 Roer die room by en verhit tot deurwarm. Voeg die vis by die sous en laat prut vir 10 minute oor lae hitte. Roer die spinasie by en laat prut nog ’n paar minute tot die vis gaar en die spinasie verwelk is. Geur goed met sout en peper. 

3 Sit die vis voor met genoeg pasta, noedels of rys om die sous te geniet. ’n Strooisel vars koljander is heerlik saam met die geurige vis.