Bestanddele
- 1 lang, dun oranje patat, in dun skyfies gesny
- 30 ml botter en olyfolie
- 500 g stokvisfilette
- 5 pikantrissies, gekap
- halwe rooi ui, gekap
- 'n hand vol kersietamaties, liefs aan die stingel
- 1 wiel feta, gekrummel
- lemmetjiewiggies en basilie om voor te sit
Metode

1 Voorverhit die oond tot 220°C. Meng die patatskyfies met die botter en olie en sprei dit in ’n enkellaag uit in ’n bakplaat. Bak vir sowat 20 minute of tot die skyfies sag is.
2 Verhit die oond se roosterelement. Skuif die gaar patat effens na die kante en plaas die vis in die bakplaat sodat dit omring is met patat. Meng die pikantrissies, ui, tamaties en feta en strooi dit oor die vis. Geur ook na smaak met sout en peper.
3 Plaas nou die pan reg onder die oond se roosterelement totdat die vis gaar en die bolaag mooi gerooster is. Dun vissnitte sal binne 5–10 minute gaar wees; draai dikker stukke om sodat dit nog ’n bietjie kan rooster indien nodig. Sodra die vis maklik vlok, is dit gereed vir voorsit met die lemmetjie en basilie. Geniet dit met varsbrood om al die lekker pansous op te mop.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET