1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die tamaties, ui en knoffel op ’n bakplaat en sprinkel 30 ml van die olyfolie, die komyn en die brandrissie oor. Rooster vir sowat 25 minute of tot die groente geurig en gaar is.

2. Verhit die orige olyfolie in ’n kastrol en braai die wortel tot sag. Voeg die boontjies en aftreksel, asook die geroosterde groente by en maak fyn met ’n staafmenger. Geur na smaak met sout en peper, die lemmetjiesap en koljander. ’n Skeppie dik jogurt is ’n opsionele ekstra. Geniet met kaasgevulde tortillas wat in die pan gebraai is.