1. Verwyder die worsies se omhulsel en rol die vulsel in balletjies. Verhit die olie in ’n pot en braai die balletjies tot goudbruin. Roer die soetrissies en knoffel by en braai vir nog ’n minuut tot glansend.

2. Roer die mielies, tamatie, rys en aftreksel by en laat prut tot die rys gaar is (sowat 15 minute). Geur na smaak met sout en peper, koljander en lemmetjiesap.