
- 3 - wortels, geskil en gerasper
- 30 ml - blatjang
- SLAAI -
- 30 ml - olyfolie
- 1 - groen appel, in blokkies gesny
- 15 ml - vars suurlemoensap
- 1 - Texan-varksteak (sowat 900 g)
- 200 g - gesnipperde kool
- 30 ml - jogurt
- 60 ml - romerige mayonnaise
- 4 - groot of 12 klein meeltortillas, in ’n droë pan gebraai
1 Haal die vleis uit die vakuumverpakking en knip die swoerd om die vleis af met ’n skerp kombuisskêr. Vryf oraloor met die olie.
2 Braai nou die vleis oor warm kole of in ’n warm pan op die stoof, of rooster dit op ’n draadrakkie oor ’n bakplaat in ’n warm oond teen 200 °C totdat die vleis goudbruin alkant is (draai om soos nodig). Ná sowat 15 minute behoort die vleis so te sê gaar te wees. Verf oraloor met die blatjang en braai (of bak) nog 5 minute tot glansend. Laat die vleis ’n paar minute rus voor jy dit in dun skyes sny.
3 Maak die slaai deur al die bestanddele te meng; geur met sout en peper na smaak. Skep die vleis en slaai op die tortillas en smul.