Oondtemperatuur: 200 °C

Voorverhit die oond. Pak die ses tortillas uit op jou werkblad en smeer ’n lepel kaassous oor elkeen. Rangskik die ham en tamaties oor drie van die tortillas en rangskik die avokadoskyfies en rooi uie oor twee (hou een tortilla skoon). Strooi kaas oor al ses. Stapel nou die tortillas versigtig op mekaar (begin met ’n ham-en-tamatietortilla en wissel die twee vulsels af) in ’n oondvaste bak. Eindig met die skoon kaastortilla. Bak die stapel vir sowat 20 minute of tot die kaas borrel. Sit voor in skywe.

Wenk
So ’n stapel is ook heerlik met gerookte of gevlokte oorskiethoender of selfs bolognese en boontjies tussen die lae.