Meng die tuna, mayonnaise, jogurt, ui, kekerertjies, kappertjiesaad en seldery saam en geur met sout en peper. Strooi die kruie en die suurlemoenskil oor. Verdeel dit saam met die eiers tussen die brosblaar-“bakkies” en strooi die pampoensaad oor. Sit voor met suurlemoenwiggies vir ’n ligte ete of meng alles saam en sit voor in geroosterde tortillas vir ’n meer vullende gereg.