1. Sny die botterskorsie in blokkies en die eiervrug in skyfies. Pak dit op ’n bakplaat en sprinkel die olie, sout en peper oor. Rooster onder ’n voorverhitte roosterelement tot gaar.

2. Kook die linguine in soutwater tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

3. Verhit die kerriepasta in die kastrol waarin die linguine gekook is en roer die klappermelk by. Bring tot kookpunt. Meng nou die linguine, groente en tuna deur en strooi die koljander oor.