1. Verhit die olie en braai die vleis vinnig oor hoë hitte tot dit begin bruin word. Roer die knoffel, sprietuie, brandrissie en gemmer by en braai vir nog ’n minuut. Voeg nou die groente en geurmiddels by en braai vinnig totdat die groente begin verwelk en alles geurig en gaar is. Jy kan nou ook ’n strooisel vars basilie en/of koljander byvoeg.

2. Verdeel die rys tussen vier bakkies, skep die roerbraai oor en strooi die grondboontjies oor. Sit voor met suurlemoen- of lemmetjiewiggies.