1 Klits die eiers, meel, melk en olie saam tot glad. Voeg ’n knippie sout by en giet die beslag deur ’n sif om seker te maak daar is nie klonte in nie. Roer die grasuie in. Verhit ’n middelslag-pan, voeg ’n druppel olie by en skep ’n bietjie van die beslag met ’n soplepel in die pan (maak seker die beslag bedek die hele boom). Bak vir ’n minuut of twee, draai die pannekoek om en bak aan die ander kant. Herhaal tot al die beslag opgebruik is (8–10 pannekoeke).

2 Verhit die olyfolie in ’n ander pan en braai die vark en sampioene tot lekker bruin. Geur na smaak met sout, peper, neutmuskaat en jou gunsteling-kruie. Roer die meel in en braai vir ’n minuut. Klits die room en aftreksel by en kook tot ingedamp en amper droog.

3 Vul die pannekoeke met die vleismengsel en pak in ’n oondvaste bak. Sprinkel die kaas oor en rooster tot goudbruin.