1 Geur die vleis met sout en peper en rol dit in die meel. Verhit die botter tot skuimerig en braai die vleis tot bruin oraloor.

2 Roer nou die aftreksel, suurlemoen, kappertjiesaad, room, rooipeper en pietersielie, asook enige oorblywende meel by en roer tot goed gemeng. Laat prut vir sowat 10 minute of tot die vleis deurgaar en die sous lekker dik is.

3 Druk die gaar aartappeltjies effens plat sodat hulle net-net oopbars en roer by die pan.