1 Smelt die olie en botter saam en braai die vleis tot mooi bruin alkante. Roer die speserye, knoffel en rys by en roerbraai tot al die ryskorrels met geurige olie bedek is. Voeg die aftreksel by, sit die deksel op en laat stoom oor lae hitte vir sowat 15 minute of tot al die vloeistof geabsorbeer is. 

2 Haal die pan van die hitte af, roer die vrugte-en-neutmengsel en die koljander by, asook ’n knippie sout en peper na smaak. Laat staan met die deksel op vir sowat 10 minute voor jy dit voorsit. ’n Lepel ongegeurde jogurt is heerlik hierby. 

Wenk Die gaarmaaktyd van ryssoorte verskil en dit is raadsaam om te proe en jou eie oordeel te volg of die rys gaar genoeg is. Raadpleeg die aanwysings op die verpakking en pas die stoomtyd en hoeveelheid vloeistof aan na jou smaak.