1 Geur die vark met die roosmaryn, sout en peper. Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die vleis vir sowat 3 minute aan ’n kant tot ’n mooi goudbruin kors vorm. Braai ook die rande sodat dit kleur kry. Skep die vleis uit en braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot glansend – sowat 3 minute. Voeg ekstra olie by indien nodig. 

2 Voeg die whisky by en kook tot amper alles verdamp het. Roer die aftreksel en room by en kook tot met die helfte ingedamp en effens verdik. Dit sal sowat 10 minute neem.

3 Skep nou die vleis terug in die sous en laat prut rustig totdat die vleis gaar is – sowat 5 minute, afhangend van die dikte. (Toets ’n steak as jy onseker is.) 

4 Kneus die gaar aartappels met ’n aartappeldrukker om ’n growwe kapok te maak, geur na smaak met sout en peper en sit die vleis op die aartappels voor – met die sous oorgedrup of in ’n bakkie langsaan. Soetwortels en slaai is ’n heerlike ekstra.