1. Sny die swoerd en meeste van die vet van die tjops af en kap die swoerd fyn. Vryf die tjops in met die mosterd en speserye.

2. Verhit die olie in ’n pan en braai die blokkies swoerd stadig tot bros, skep uit en braai nou die tjops – eers die vetrand en dan alkante tot goudbruin en deurgaar.

3. Stoom die koeskoes volgens die aanwysings op die pakkie en geur met die dadels, sprietuie, pietersielie, lemoensap, olyfolie en sout en peper na smaak.

4. Sit die tjops voor met die geurige koeskoes en slaai en strooi die bros stukkies swoerd laaste oor vir tekstuur.