Varkworsie-kofta-kebabs

0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • sowat 12 - lourier- of suurlemoenblare
  • 15 ml - tamatiesous
  • 1 kg - vars varkworsies
  • sowat 16 - baba-aartappels, gekook
  • 15 ml - olyfolie
  • 30 ml - blatjang
  • 1 - soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 - ui, in kwarte gesny en opgebreek in blare
Metode
Lus vir braai? Dié kebabs is ook heerlik oor die kole.

Druk die worsievleis versigtig uit die derm en vorm twee frikkadelle uit elke worsie se vleis. Ryg nou die frikkadelle saam met die gaar aartappels, soetrissieblokkies, ui en blare op kebabstokkies wat in water geweek is (dit keer dat hulle vlam vat oor die hitte).

Verhit ’n groot pan tot warm, giet ’n skeut olie daarin en braai die kebabs tot mooi bruin. Meng die blatjang en tamatiesous vir ’n vinnige aanstryksousie en verf ná 5 minute oor die vleis; braai verder tot dit ’n mooi kleur het. Sit voor met vars slaai.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees