1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Vou die rol deeg versigtig oop op ’n skoon werkoppervlak en sny in die helfte.
2 Meng die groente met die vleis. Versprei nou een helfte van die mengsel van links na regs in ’n eweredige laag oor een van die deegstukke; laat ’n 2 cm-rand aan die boonste sy oop. Rangskik drie van die eiers langs mekaar oor die vleis en vou die vleisbedekte deeg oor die eiers sodat dit ’n groot worsrol vorm. Druk die rand vas met ’n vurk en plaas die rol op ’n gesmeerde bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Herhaal met die ander helfte van die vulsel en deeg.
3 Sny met ’n skerp mes kepe in die bokant van albei rolle, verf met eier, strooi die sesamsaadjies oor en bak tot goudbruin en deurgaar – sowat 25 minute. Sit voor met blatjang en slaai.