Verhit die olie in ’n pot en braai die preie, soetrissie en knoffel saam tot geurig. Roer die aartappel by en braai vir nog ’n paar minute. Voeg die aftreksel by en laat prut vir 15 minute of tot die aartappelblokkies sag is.

Roer die tamaties by en bring tot kookpunt. Voeg die blokkies vis by, sit die deksel op en laat prut oor matige hitte vir sowat 5 minute of tot die vis net-net deurgaar is.

3 Roer laaste die room en pietersielie by. Verhit tot warm, maar moet liefs nie kook nie. Sit stomend warm voor met die knoffelbrood of croutons.