1 Meng die asyn, sojasous, sesamolie, suiker, rissie en sprietuie en giet die mengsel oor die komkommer en noedels in ’n bak. Laat marineer dit terwyl jy die vis gaarmaak. 

2 Meng die mielieblom en borrie en geur met sout en peper. Maak seker die visrepe is droog; rol dit in die mielieblom tot oraloor bedek. 

3 Verhit 1 cm olie in ’n pan en braai die vis daarin tot goudbruin en deurgaar. Strooi die kruie oor die noedelslaai en sit dit voor saam met die visvingers. Ekstra sojasous en ’n strooisel geroosterde sesamsaad is opsioneel.