1 Voer twee groot broodpanne uit met kleefplastiek. Los die jellie op in 225 ml kookwater en roer dan 225 ml yswater by. Doop die koekies een vir een in die jellie en rangskik hulle plat op die bodem en regop om die rande van die twee broodpanne.

2 Meng die kondensmelk, water en 300 ml van die melk in ’n mikrogolfveilige mengbak en mikrogolf op hoog vir 10 minute.

3 Meng die vlapoeier met die orige melk tot ’n gladde pasta. Klits die warm mengsel by die vlamengsel; skep dan als terug in die mengbak.

4 Mikrogolf nou die vla vir 1 minuut, roer en herhaal nog twee keer of totdat die vla lekker dik en glad is. Verdeel die dik vla tussen die voorbereide panne en sit dit in die yskas tot koud. Versier die terte met vars aarbeie en grondboontjies en sit voor met die geklopte room.

Wenk Om ’n meer konvensionele plat tert te maak, rangskik die gedoopte koekies in ’n diep, reghoekige tertbak en smeer die vla bo-oor. Versier soos hierbo.