1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die botterskorsie, patat, soetrissie, ui en murgpampoentjies (maak seker jy het sowat 1,5 kg groente altesaam) en roer die oyfolie, speserye en suurlemoensap deur. Voeg die roosmaryn en kekerertjies by en versprei alles in ’n eweredige laag in ’n oondbak. Rooster vir 25-30 minute of tot al die groente mooi gaar is. 

2 Voeg die avokado en feta by die groente en skep op! Gee die maal ekstra lyf deur dit met bruinrys of koeskoes voor te sit; ’n lepel Griekse jogurt bo-oor is heerlik.