Bestanddele
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, gekap
- 6 wortels, geskil en gekap
- 2 groot aartappels, in blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
- 1 blik (400g) lensies
- ±750ml aftreksel
- 15 ml garam masala
- 60 ml geroosterde pampoenpitte
- dubbelroomjogurt as garnering
Metode

1 Verhit die olie in ’n pot en braai die uie en wortels tot dit glansend is en begin verkleur (sowat 10 minute). Roer die res van die bestanddele – behalwe die garam masala, pampoenpitte en jogurt – by en bring tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat liggies prut vir 20 minute of tot die groente sag is.
2 Gebruik ’n staafmenger en verwerk die sop tot glad of amper glad, afhangend van wat jy verkies. Geur met sout, peper en die garam masala, en garneer met die pampoenpitte en ’n lepel vol jogurt in elke bakkie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET