In Botter & Liefde (R290; Quivertree) nooi die sjef Anna Carolina Alberts jou na haar familie se plaaskombuis – ’n magiese plek propvol stories en geur. Met meer as 80 beproefde boerekosresepte is dit ’n huldeblyk aan ons ryk koserfenis. 

  1. Uit die kuipe! Oopmaker van beleë eikehout R595, weylandts.co.za
  2. Fleurig! Die lieflike Valdo Floral Edition, ’n droë pienk vonkelwyn (R265 by handelaars landwyd, onder meer Food Lover’s Market en Pick n Pay) lyk nie net mooi nie – die heerlike geure maak dit ook ’n partytjietreffer soos min!
  3. Kaapse draai Diemersdal se Eight Rows Sauvignon Blanc 2017 (R160 by die kelder) is een van die eerste wyne wat met die Wyn van Oorsprong Kaapstad adres op sy etiket kan spog. Die wyke Constantia, Houtbaai, Durbanville en Philadelphia val nou almal in een distrik onder dié nuwe naam. Ry bietjie uit dié vakansie en proe die vrugte!
  1. Gee jou liggaam ’n hupstoot met BuchuLife Sparkling Herbal Water (R17,55 vir 500 ml by Food Lover’s Market en Wellness Warehouse). Boegoe beveg inflammasie, bevat talle antioksidante en help na bewering met ontgifting en gewigsverlies.
  2. Bobaas-braai! Die nuwe AMC Cookware Braai (van R3 350, amcsa.co.za) is kompak en draagbaar. Dit spog boonop met ’n verstelbare rooster wat jou die nodige beheer oor die kole gee. Al sy dele pas in die 40 cm-basis en word netjies in die AMC Braai Bag gebêre.

Geniet ’n elegante piekniek op ’n Love Milo-piekniekkombers met strepe of driehoeke (R1 199 elk, yuppiechef.com); dis gemaak van suiwer katoen en het ’n waterdigte voering en draband van egte leer. So gerieflik!

  1. Nuwe gunsteling! Broad Valley Extra Virgin Olive Oil (R350 vir 2 liter) word met die hand geoes en koudgepars op die plaas. Dié medium-olie se geure sluit dennepit en peper in. Heerlik! Kyk by broadvalleywines.co.za.
  2. Heeltemal wettig Silver Creek Craft Distillery in Randfontein brou nou ’n reeks Amerikaanse witblits (vanaf R260 vir 750 ml). “Gedurende die Amerikaanse drankverbod moes stokers snags by maanskyn werk om in die vraag na smokkeldrank te voorsien, vandaar die naam Moonshine,” vertel Mark Taverner, stigter en hoofdistilleerder. Sien meer by silvercreekdistillery.com.
  3. Onweerstaanbare dadels! Vir ’n energie-inspuiting, probeer die kosfoendi Sarah Graham se nuwe Nourish Power Balls in die geure Coconut Bliss en Cacao & Cranberry. Dis goed vir jou! Sien sarahgraham.co.za.