1. ’n Titsel glans Die lapvervaardiger Hertex het kragte saamgespan met die sjef Eva de Jesus van MAReSOL-faam vir hul nuutste projek – 1987 Eatery. Dié gesofistikeerde eetplek is in Hertex se Bellville-toonlokaal. Kom sit aan vir ontbyt of middagete, of smul aan ’n varsgebakte bederfie! Besoek 1987.co.za.

2. Hou die pot die aan die kook Die uiters veelsydige reeks AGA-kookware van vlekvrye staal (stel van drie potte R4 540, agaliving.co.za) is uiters duursaam en spog met ’n sjiek, kontemporêre afwerking.

1. Hoe moes ons wag! Pesto Princess het hoemoes (R37,99, spar.co.za) by hul preserveermiddelvrye produkreeks gevoeg. Kry vir jou!

2. Willow Creek se bekroonde Director’s Reserve (R119,99, woolworths.co.za) is ’n intense olyfolie met ’n komplekse geurprofiel. Die perfekte geskenk vir ’n kosfoendi!

3. Ietsie op die kole Jan Braai is terug met die land se beste braairesepte. Die meer as 80 resepte in Shisanyama (R345, Human & Rousseau) – van ontbytpizza en lamsjafels tot brandewyn-en-cokekortrib – word elkeen vergesel van die storie oor waar dit vandaan kom.

4.Vleis se baas Die Aspiring Butcher Gift Box (R999, yuppiechef.com) bevat ’n Wu¨sthof-sjefsmes, messlyper, voorskoot, roker, vleistermometer en speserymengsel.

1. Raad en resepte 30 (R325, Human & Rousseau) is die jongste boek deur Herman Lensing, kosredakteur by ons sustertydskrif Sarie. Die boek is propvol maklike resepte, asook heelwat wyshede – van 30 dinge wat jy oor wyn moet weet, tot goed wat sy ma hom nooit vertel het nie!

2. Blink Stefaans Met sy volronde smaak en stylvolle omhulsel is Bottega se BACÛR-premiumjenewer (R495, takealot.com) ’n geskenk wat dubbel en dwars die wag werd is.

3. Tropiese bekoring Akrielglase met pynappelen blaarmotief R69,95 elk, woolworths.co.za.

4. Bak ’n bederfie Handmade Gifts from the Kitchen (R250, Penguin Random House) deur Alison Walker spog met meer as 100 smaaklike resepte, van verruklike fudge en heerlike likeur tot pikante blatjang en die lekkerste koekies. Maak jou eie (eetbare) geskenke en deel dan die vreugde!

1. Opgetof Bain’s Cape Mountain Whisky (R269, makro.co.za) spog met ’n gesofistikeerde nuwe voorkoms. Sit dit op jou wenslys!

2. Dis tyd vir borrels! Met sy effense suurlemoen-skerpheid en warm, aangename karakter het die Steenberg 1982 Brut Chardonnay MCC (R175, steenbergfarm.com) heelwat komplekse geure. Verwag aromas van botterige brioche en vars groen appels.

3. Plesierig in pienk Die salmpienk Laborie MCC Brute Rosé 2015 (R108, laboriewines.co.za) het prominente geure van vars frambose, perskes en granate, en ondertone van lemoenbloeisels. Dis die perfekte pasmaat vir ’n bakkie vars aarbeie.

4. Groot bederf! TM300-kurktrekker R798, lecreuset.co.za

WEN!

Drie gelukkige lesers kan elk ’n kurktrekker van Le Creuset wen! SMS die woord LECREUSET gevolg deur jou naam, huis- of e-posadres voor 31 Desember na 33409 (elke SMS kos R1,50); sien ons kompetisiereëls HIER.

5. Soete verleiding Die Krone Night Nectar Demi-Sec 2016 (R139, cybercellar.com) is gemaak in die klassieke bottelgegiste styl met ’n tikkie soetigheid. Die kombinasie van gebakte goue appels, tertdeeg en amandels met ’n ryk mousse gee dit ’n verfrissende geurprofiel.