Jenewer is die perfekte somerdrankie, en African Craft se jenewer-premiumreeks is net betyds vir ’n bederf op Valentynsdag!

Dié reeks, wat ook beskikbaar is in ’n geskenkpak, bestaan uit unieke variante met ’n maroela-, kremetart- en heuningbos-geur; dis nou ook beskikbaar in naartjie. 

Die maroela-geur het onlangs dubbelgoud gewen by die 2019 Michelangelo- internasionale wyn- en spiritualieë-toekennings. ’n Paneel van 30 internasionale wynfynproewers het die wenners aangewys.

Dit gaan moeilik wees om net een gunsteling te kies, maar hier is jou opsies: 

African Craft Gin

Maroela

Dié geur is ’n viering van die ikoniese, soet Suid-Afrikaanse vrug.

Wenk Geniet dit met vars maroela of lemoen.

African Craft Gin

Heuningbos

Die sjarmante aroma van die heuningbosplant bring die soet geur in die jenewer na vore, gevolg deur ’n subtiele tintel op die tong.

Wenk Geniet dit met ’n skyfie suurlemoen.

African Craft Gin

Kremetart

African Craft se kremetart-geur jenewer het heerlike tropiese geure, soos soetsuur groen mango. 

Wenk Geniet dit met vars mango en ment.

Kry joune hier:

Die premiumreeks is aanlyn beskikbaar by Takealot en uitgesoekte Checkers-, Pick n Pay- en TOPS-winkels.

Besoek African Craft Beverages se webtuiste of volg hulle op sosiale media vir meer inligting oor dié reeks.