Properse partytjie

Die keramiekkunstenaar en kranige huiskok Louise Gelderblom se versameling resepte in The Book Club Cookbook: Eat Your Words (R320, Quivertree) is net wat jy nodig het om ’n gesellige kuier met min moeite aan te bied. Met resepte vir alles van eenvoudige soppe en ’n loslit- maaltyd van antipasti tot ’n driegang-fees kan jy geregte berei voor jou gaste opdaag – en só rustig saamkuier!

Peuselbakkie
OXO-staal-ysemmer-en-tangstel R1 050, yuppiechef.com
1.
2.

Skink ’n glasie!

Jenewer-liefhebbers, staan nader! The Gin Box is Suid-Afrika se eerste jenewerklub en gee lede toegang tot ’n verskeidenheid boetiek-jenewers, buitengewone tonikums en deli-lekkernye. Besoek theginbox.co.za.

1. Triple Three African Botanicals Gin (R343, bottleshop.co.za), die handewerk van die meester-distilleerder Rolf Zeitvogel, het dubbelgoud gewen by die World Spirits Competition 2017 in San Francisco. Dit het geure van drop, jenewerbessies, koljander, boegoe en galangawortel. Sien triplethree.co.za.

2. Biostilla Organic Gin (R379, bottleshop.co.za) is die eerste organies-gesertifiseerde premium-jenewer wat plaaslik beskikbaar is. Dis gemaak in die gesogte styl van ’n Londense droë jenewer met geure van komplekse Mediterreense flora. Besoek biostilla.com.

3. Maak gereed vir die somer met G&T Frost Popsicles in liplekker geure soos G&T Classic (R27, frostpopsicles.com). Heerlik verfrissend.

’n Vars begin

Die Munching Mongoose maak dit maklik om organies gekweekte, seisoenale en eties bereide kos te geniet – hulle lewer dit voor jou deur af! Dié Johannesburgse inisiatief maak ook voorafverpakte, gebalanseerde, natuurlike peuselpakkies vir kinders om skool toe te vat, of as ’n gesonde happie vir die kantoor. Sien munchingmongoose.co.za.

Sjiek in die stad

Primi-restaurant in Canal Walk, Kaapstad het ’n gedaantewisseling ondergaan! Die eetplek se kenmerkende oranje het plek gemaak vir aardse tone, houtvloere en ontblote natuurlike bakstene. Eastgate, Rosebank en Eden on the Bay lyk nou ook so – gaan kyk, of besoek primi-world.co.za.