1. Maak dit mooi

Die lieflike lap in ons hoofkosstorie op bladsy 114 is van Isobel Sippel Studio, ’n kreatiewe ruimte waar ’n diep liefde vir tekstiele en mooi-goed heers. Besoek winkel 5, Salt Circle Arcade in Kaapstad of koop aanlyn by isobelsippel.com.

2. In retro-styl

Haden-ketels en -broodroosters is nou ekslusief beskikbaar by @home. Ons is mal oor die styl van die Haden Cotswold-ketel (R799, home.co.za), geïnspireer deur die kleure en vorms van die Engelse platteland.

3. Groetnis!

’n Gebaar wat ’n groet tussen vriende beteken, asook ’n eenvoudige, maar duidelike boodskap wat mense uitnooi om die goeie lewe te geniet – dis wat Kunjani Wines wil oordra met sy nuwe wynetikette. Dié boetiek-wynkelder is hoog teen die Bottelary-heuwels buite Stellenbosch geleë in ’n gebou wat ’n moderne kinkel aan die Kaaps-Hollandse boustyl gee. Prettige detail aan die binnekant van die restaurant en proelokaal, soos die grafiese plakpapier en rooi aksente, weerspieël invloede vanoor die hele vasteland. Bespreek gerus ’n tafel en ervaar self sjef Lamek Mnisi se kos, die wyn en asemrowende uitsig. Besoek kunjaniwines.co.za.

1. Net vir die winter

Dié winter bied die spogrestaurant Greenhouse in Constantia ’n spesiale driegang-maaltyd aan – net vir aandete. Buiten die hoofsjef Farrel Hirsch en sy span se komplimentêre amuse-bouche-peuselhappies wat as voorsmaak vir die res van die ete dien, kan gaste kies tussen twee opsies vir die voor-, hoof- en nagereg gevolg deur lieflike petit fours vir R650 per persoon, met ’n addisionele wynpaar-opsie teen R350 per persoon. Probeer die XO-vark met erynjii-sampioene, sprietuie en ponzu vir voorgereg en die “tshisa nyama bokkie” vir hoofgereg. Bespreking is noodsaaklik; stuur e-pos na reservations@greenhouserestaurant.co.za of skakel 021 795 6226.

2.  Vleispaleis

Food Lover’s Market het ’n nuwe reeks handgemaakte burgers wat jy net op die kole kan gooi! Die reeks sluit in  beesbors (“brisket”) met beleë cheddarkaas of sout en peper, ’n hoenderopsie met pietersielie, ’n lamsburger met roosmaryn, ’n pikante jalapeño-burger van bief en vark gemeng, en ’n luukse Wagyu-bees-opsie. Pryse begin by R44,99 vir vier 100 g-burgers. Besoek foodloversmarket.co.za.

3. Maak oop

Carrol Boyes-renoster-kurktrekker R499, yuppiechef.com

1. Raakvatvrou 

Groot Constantia het pas ’n nuwe rooiwyn met die naam Lady of Abundance (R201 by die kelder) bekendgestel wat beloof om rooiwyn-entoesiaste te laat uitsien na elke nuwe oesjaar se uitreiking. Dié konsepwyn bestaan uit ’n spesiale versnit van pinotage, shiraz en merlot, en was ’n toets vir Boela Gerber, die wynmaker by Groot Constantia, se formidabele vaardighede. Die resultate spreek vanself. Besoek grootconstantia.co.za.

2. Deel die vreudge

Polkadraai, Suid-Afrika se vrolikste wyn en ’n produk uit Stellenbosch, is 10 jaar oud! Om die geleentheid te vier is ’n nuweling, die Polkadraai Rosé (R48 by die kelder), by die reeks gevoeg. Dit spog met ’n delikate salmpienk kleur, ryk blomgeure op die neus en ’n titsel soet spanspek op die tong. As dit goed verkoel is, kuier die wyn alte lekker saam met amper enigiets – van romerige pasta en salm, steurgarnale of hoender tot sagte kaas of aarbei-pawlowa. Sien stellenbosch-hills.co.za

3. Vlymskerp

Stel van vier steakmesse R99,99, mrphome.com

4. Plaaslike geur

Spice Odyssey (R350, Struik Lifestyle) getuig van die skrywer en sjef Cariema Isaacs se liefde vir speserye. Haar Kaaps-Maleise erfenis en reise na Indië, Turkye, Maleisië, Sri Lanka en die Midde-Ooste het die boek geïnspireer. Hierin wys sy hoe jy speserye subtiel inspan, en hoe om smullekker maaltye vir enige geleentheid te berei. Heerlik!