1. Maak dit spesiaal

Of jy nou ’n uithang-ete beplan of smulkos vir die gesin wil voorsit, Christine Capendale se Maaltye – maklike geregte vir elke geleentheid (R325; Human & Rousseau), is propvol slim wenke en watertand-spyskaarte vir minmoeite-maaltye.

2. Van dekor tot breekgoed

Met inspirasie uit die natuur word so te sê al die keramiekware by Bordallo Pinheiro SA met die hand en met die minimum meganisasie gemaak. Verlustig jou aan die kunswerke, dekorstukke en tafelgerei soos volledige eet­serviese, dien­borde, koekstaanders en meer by bordallopinheiro.co.za.

3. The Kraken Black Spiced-rum (R399; krakenrum.com) is gemaak met geheime speserye, titsels vanielje, kaneel, sitrus, piment, naeltjies, neutmuskaat en peper­korrels. Heerlik!

4. As jy hou van pitlose ClemenGold-  nartjies kan jy nou ook uitsien na pitlose LemonGold-suurlemoene wat van Junie af by Woolworths te kry is. Besoek woolworths.co.za.

1. Slaailepels van hout en marmer R299, Poetry

2. Die heuwels fantasties

Stellenbosch Hills se 2018- Muscat de Hambourg (R65; stellenbosch-hills.co.za) is pas uitgereik. Dis die 30ste jaar dat hulle dié wyn – ’n kultivar verkry van ’n kruis tussen Muscat d’Alexandrie- en Frankenthal-druiwe – produseer. Dit word in ’n jerepigo-styl gemaak van ongegiste druiwesap en gefortifiseer met wynspiritus, wat ’n treffende geur en kompleksiteit aan dié soeter wyn verleen. Geniet dit koud en oor gebreekte ys – of giet dit oor vanielje-roomys en aarbeie!

3. Bobaas-boeretroos

Sihle Magubane is die talentvolle baasbrein agter Sihle’s Brew, ’n unieke koffie-onderneming waar dié barista die bone vir elk van sy reeks spesialis-koffies self kies, rooster en vermeng. Gaan drink ’n koppie by die Barista Love-koffiewinkel in die Northview-winkelsentrum in Northworld, Johannesburg. Sien meer by sihlesbrew.co.za.

4. Wildewragtig

Lou Harvey-wynkoelsak met luiperdvel­motief R450, louharvey.co.za 

1. perfekte pasmaats

Dié winter wys die span by Durbanville Hills hoe koelklimaatwyne werklik hul unieke terroir weerspieël deur die Durbanville Hills Collector’s Reserve-reeks te paar met disse uit verskeie dele van die wêreld – proe die diverse geure van Oostenryk op 11 Julie en dié van Spanje op 8 Augustus. Die aand sluit ’n begeleide proe en driegangmaaltyd met bypassende wyne in. Besprekings is nood­saaklik en kaartjies kos R325. Skakel 021 558 1300 of e-pos mkmalaza@durbanvillehills.co.za.

2.  vloeibare goud

By Tokara Delicatessen in Stellenbosch kan jy hul bekroonde olies gratis proe voor jy koop. Ons is mal oor die troebel, ongefiltreerde ekstrasuiwer olie. Dié besonderse produk is vermeng uit verskillende variëteite wat spesiaal uitgesoek is vir hul suiwerheid en intense geure.

“Ons het besluit om nie die olie te verfyn nie ten einde die besonderse voorkoms te behou, en verkoop dit direk uit die tenk in ons deli,” verduidelik Gert van Dyk, die olyfolie-meester en bedryfsbestuurder. Hy stel voor jy gebruik dit binne ’n paar maande op en laat jou bottel weer by Tokara vul. Besoek gerus die Tokara Tasting Lounge vir ’n begeleide proe-ervaring. Skakel 021 808 5900 of sien tokara.com.

3. Kielie jou smaakknoppies

Die nuwe Tastebud-reeks speserye (R39,95; capeherb.co.za)is vry van kunsmatige geur- en kleurmiddels, asook bygevoegde MNG of preserveermiddels. Dis ook nie bestraal of geneties aangepas nie en is boonop glutenvry. Natuurlike gis-ekstraksie skep ’n heerlik gekruide smaak, terwyl ’n basis van klappermeel tekstuur byvoeg en as smaakversterker dien; saam skep dit ’n komplekse geurprofiel! Die speserye is geskik vir veganiste en Halaal- en Kosher-gesertifiseer.