1 Baglietti Prosecco No.10 (R229, takealot.com) is ’n droë prosecco DOC (van beheerde oorsprong) met subtiele peer-, sitrus- en amandelgeure. Danksy die treffende bottel, geskep deur die Italiaanse ontwerper Raimondo Sandri, gaan jou gaste saam “cin cin” elke keer as jy hul glasies volmaak.

2 Red die oewer-konyn! Die Cillié-familie van Laastedrif Agri in Ceres het fondse uit die verkoop van hul Ross Sweet Potato Crisps toegewys aan die volgehoue bewaring van die oewerkonyn (Bunolagus monticularis). Ross-skyfies (R19,99 vir 80 g) kom in drie trots Suid-Afrikaanse geure: Creamy Curry, Sea Salt en Snoek Paté. Sien meer by rosscrisps.co.za.

3 Vleisvrye Maandae Fry’s Family Food se nuwe Big Fry Burger (R59,99 vir twee) is nou te koop. Die yslike “burgers”, gemaak van nie-GM-plantproteïene, is propvol geur en smaak heerlik. Danksy die 100% herwinbare verpakking is dit ook goed vir die omgewing! Sien fryfamilyfood.com/za/.

4 Kies reg Olive Pride Extra Virgin Olive Oil is ’n versnit van Frantoio-, Leccino-, Coratina- en Mission-olywe wat hul unieke aroma en smaak aan die olie oordra. Omdat dit cholesterolvry is en min versadigde vette bevat, word dié olie deur die Hart-en-Beroertestigting onderskryf vir die talle gesondheidsvoordele wat dit inhou. Dis ’n ryk bron van antioksidante, asook vitamien E, A, D en K. Gebruik Olive Pride Extra Virgin Olive Oil vir braai, bak, bredies en slaai – dis die gesonde keuse vir elke maal! Besoek olivepride.co.za.

5 Uit die boord Geniet die goedheid uit die natuur in Fruits of the Forest-laevetjogurt – elke lepel is immers propvol vrugtestukkies! Prikkel jou proe-knoppies met geure soos Strawberry, Fruit Cocktail, Mixed Berry, Stewed Fruit and Custard, Apricot, Granadilla en Cape Fruit. Clover se romerige Fruits of the Forest with Cereals (te koop in ’n sespak, 175 g- en 1 kg-houers by winkels landwyd) bevat hawermout met granola en sonneblomsaad vir ’n kraaklekker ontbyt. Sien clover.co.za.

6 Die blink kant bo Gee ’n tikkie glans aan enige geleentheid met die elegante reeks platinum-gedoopte glasware van @home (waterglase R69; mengeldrankie-, sjampanje- en veeldoelige glase R79 elk). Besoek home.co.za.

7 Kuns wat werk Met hierdie stylvolle vatlap-stelle deur Samesyn (19 x 19 cm; R490, shopsamesyn.shopstar.co.za), gemaak van duursame lap met ’n linnevoorkoms, ’n hitte-bestande vulsel en egte leerlusse, is dit net ’n plesier om warm skottels uit die oond op die tafel te kry. 

Lekker én gesond Let’s Cook: Delicious yet Nutritious Easy Meals and Treats for Kids and Teens (R290, Penguin Random House) deur Ms Sibalicious self, Siba Mtongana, het ’n magdom resepte vir smaaklike kosblik-snoepgoed en ontbyt-gunstelinge soos eiers, pap, graankos en gebak. Die hele gesin sal wil saamkook!

2 Kleur in die kombuis Die 1,3-liter-Maxwell & Williams Epicurious Aubergine Round Casserole met deksel (R289, yuppiechef.com) is veilig vir gebruik in die oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en vrieskas.

3 Vat dit vas Ons is dol oor die Amazon-dienbord van wit marmer met handvatsels, van @home (R499); die 30 cm-oppervlakte is perfek vir kanapees. Sien home.co.za.

4 Met ’n vonkel Met sy delikate pienk kleur en ’n vrolike vonkel is Kleine Zalze NV Brut Rosé (R136 by die kelder) ewe verleidelik op die oog as op die tong. Aromas van kersies en rooi bessies maak dit die perfekte somer-drankie. Sien meer by kleinezalze.co.za.

5 Reik na goud Daar’s net 30 van dié goudkleurige Smeg-ketels (R3 999 elk) uit ’n beperkte oplaag beskikbaar by yuppiechef.com. Gou spring!

6 Onskuld uit die natuur Abstinence is ’n plaaslik vervaardigde nie-alkoholiese drankreeks wat in die distilleerproses met inheemse plante gegeur word. Abstinence Cape Fynbos vang die lente in ’n bottel vas met die geure van roosmalvas saam met jenewer-bessies, engelwortel en koljander. Toor ’n lieflike drankie op deur dit te meng met Abstinence Apéritif, tonikumwater, soda, kombucha, ystee, gemmerlim of vrugtesap. Loer op Facebook en Instagram by @abstinencespirits as jy meer te wete wil kom.