Gesinskos op sy beste

Die kortpadkos-afdeling in Tuis het ’n eenstopgids geword vir huiskokke wat elke aand van die week die gesin se mae moet vol kry. Dié beproefde resepte haal die sleur uit kosmaak én kry dit in ’n kits klaar! Omdat die resepte oor die jare so gewild was, het ons besluit om die 200 bestes te kies en dit in ’n nuttige “tydskrifboek” saam te vat: pragtige tydskrifinhoud in hardebandformaat wat tuis sal lyk op jou boekrak. Kyk uit vir Tuis Kortpadkos (R195; ’n gratis groenteskiller ingesluit) by uitgesoekte winkels landwyd; dis vanaf 3 April op die rak.

1 Op die planke

Die Salt & Pepper Raffia-plank van akasiahout (40cm; R699, home.co.za) is ontwerp met verskillende houtpanele vir ’n besonderse voorkoms wat aan ’n blokkiesvloer herinner. Is dit nie mooi nie?

2 Kleur in jou kombuis

Stel van 4 mengbakke, R199,99, mrphome.com

3 Kry my by die tuinhek

Geniet ’n betowerende ervaring op die grasperk van The Cellars-Hohenort in Constantia, Kaapstad, met ’n mandjie vol varsgemaakte smulkos. Kies uit drie piekniekmandjies met vaste spyskaarte; pryse begin by R185 per persoon. Besprekings 24 uur vooraf is noodsaaklik. Vir inligting en om te bespreek, stuur e-pos na restaurantres@cellars-hohenort.co.za

4 Gemmerkat

Met Opihr se heerlike klaar gemengde jenewer-en-tonikumdrankies (R149 vir ’n pak van 4 by groot winkels landwyd) kan jy kies tussen ’n klassieke lemoengeur of ’n skeut gemmer; die bottels het ’n gerieflike draaidop.

1 Paashaas

Dié oulike hasie-bottel (R79,99, woolworths.co.za) kom met drie sjokoladebedekte malvalekkers (nie op die foto nie). Njam!

2 Vat 'n happie

Die Chef’n 2-in-1 (R169, yuppiechef.com) maak dit kinderspeletjies om blaargroentes en kruie uit jou tuin te berei. Druk eenvoudig die kruiestingel – van krulkool tot tiemie – in die regte gaatjie, trek dit deur en kyk hoe die blare van die stam afglip. Ingeboude vlekvryestaallemme maak korte mette met die opsnywerk. Makliker kan dit mos nie!

3 Die ou blikkantien

Ons Suid-Afrikaners drink allerhande drankies uit blikkies, so hoekom nie ook wyn nie? Aluminiumblikkies is lig, maklik om te verkoel, veilig om te vervoer, pas gerieflik in koelsakke en jy het nie koppies of glase nodig nie. Die CanCan-wyne La Goulue Chenin Blanc en Satine Mourvèdre Rosé (R40 per 250ml-blik, cybercellar.com) kom uit die Swartland-streek en is perfek vir pieknieks, langs die swembad of wanneer jy tuis uitspan.

Skinny laMinx se vadoeke (R220 elk, skinnylaminx.com) word geskermdruk met waterbasis-ink op absorberende katoen – nou kan jy jou skottelgoed in styl afdroog!

Dis iets spesiaals

Die Stellenbosch Hills 2018 Anna Christina MCC (R215,70, stellenbosch-hills.co.za) word in klein maat gemaak uit ’n enkele wingerd se oes. Dié elegante vonkelwyn van chardonnay-druiwe kombineer die vars geure van Granny Smith-appels en sitrusbloeisels, met ’n neutige gisgeur op die neus en bruisende borrels in elke teug. Gesondheid!

Storietyd

Tales, ’n wynreeks van Journey’s End, het ’n stylvolle nuwe voorkoms en elke etiket vertel ’n ander verhaal. Die Haystack Chardonnay 2019 (R99, journeysend.co.za) is genoem na die praktyk om koring tussen rye wingerdstokke te plant met die doel om plantluise en vlieë te lok sodat hulle die wingerd met rus laat. Die wyn is kosvriendelik, met geure van suurlemoen en spanspek en ’n sweempie romerige eik in elke glas.

Smulkos in ’n kits

Checkers se Gourmade-reeks snelbevrore maaltye sluit geregte in soos die dekadente Pulled Beef- en Chicken a la King-pasteie – albei met ’n oop kors gemaak met regte botter. Vir varsheid word dié etes (te kry by uitgesoekte Checkers- en Checkers Hyper-winkels in Gauteng en die Wes-Kaap) minute nadat dit uit die oond kom, gevriesblaas om dit te preserveer en die voedingstowwe te behou. Boonop is dit in minder as ’n uur gereed om te eet.

Meer skop

Gee die voedingswaarde van jou gunsteling-smoothie ’n hupstoot met Natural Herbs & Spices se nuwe rooibos-en-groentee-versterkers (R49,95 vir twaalf 5g-sakkies, Dischem-winkels landwyd). Sien meer by naturalherbsandspices.com.