1. Pers plesier

Le Creuset-erdebeker (1,5 liter) in Provence R660, lecreuset.co.za

2. Borrels!

Pongrácz het ’n nuwe vonkel! Noble Nectar (R149), ’n halfdroë versnit van pinot noir en chardonnay, het ’n delikate soet geur en ’n bottel wat jy nie sommer sal miskyk nie. Dis alte lekker saam met crème brûleé en tiramisu, Thaise hoenderkerrie of Chinese eendrolletjies met kweper-en-rissiekonfyt.

3. ’n Smaaklike erfenis

In What’s for Lunch? (R450; New Media) deel die Grieks-Afrikaanse Ann Christodoulou haar familie se gunsteling-resepte, geïnspireer deur hul erfenis en die lewe op hul klein wynplaas, Ambeloui, in die Houtbaai-vallei. Die boek het ook wenke en dekor-idees om jou tafel keurig te dek. Stuur e-pos na info@ambeloui.co.za om joune te bestel, of gaan maak ’n draai op die plaas! Sien ambeloui.co.za.

4. Smulkos in die stad

Die gourmet-eetplek The Shortmarket Club by Kortmark­straat 88 in die Kaapse middestad het net twee jaar gelede sy deure oopgemaak, maar dis al klaar ’n gewilde kuierplek onder stadsjapies. Besweer die winterbloutes met hul opwindende Prix Fixe-driegang-winterspyskaart (R280 per persoon). Die aanbod geld van Maandag tot Saterdag van 23 Julie tot einde September. Skakel 021 447 2874 of besoek theshortmarketclub.co.za om te bespreek.

1. Versteekte skat

Beplan jy ’n besoek aan die Kaapse Wynland? Op die plaas Groot Phesantekraal aan die buitewyke van Durbanville kan jy gourmet-kos geniet met ’n pasmaat uit hul uitstekende wynaanbod. Die restaurant was eers ’n stal voor dit pragtig opgeknap is! Groot Phesantekraal se Cabernet Sauvignon 2015 kos R100 by die kelderdeur. Besoek grootphesantekraal.co.za.

2. Volstoom voort

Stoom individuele porsies skulpvis en sit dit sommer in die pot voor met Kitchen Craft se World of Flavour-emalje-mosselpotte (2,5 liter, R459 elk, yuppiechef.com). Dis beskikbaar in geel, rooi en blou, en jy kan sommer die deksel gebruik vir die leë skulpe.

3. Perfekte pasmaats

Die Durbanville-wynvallei se jongste lid, Canto Wines, is sedert Januarie vanjaar amptelik oop vir die publiek. Loer van Dinsdag tot Vrydag tussen 09:00 en 17:00, en Saterdae tussen 10:00 en 15:00 in vir ’n wynproe (R55 per persoon) of bederf jouself met ’n MCC-en-makrolletjie-proe teen R95 per persoon. Besoek cantowines.co.za.

4. Gelukkige getal

Pastelkleurige teestel (13 stukke) R199,99, mrphome.com

5. Lepels vol liefde

Met jou hulp wil Pesto Princess dié winter soveel moontlik behoeftiges voed! Vir elke sakkie Pesto Princess-sop wat verkoop word (dis beskikbaar by Spar- en Wellness Warehouse-takke in die Wes-Kaap), sal hulle bydra tot ’n voedsame bord warm kos vir ’n hawelose by Ladles of Love se sop-kombuise. Besoek ladlesoflove.org.za en pesto.co.za.

6.  Netjies opgerol

Hou jou messe skerp deur dit in ’n Arrow-oprolsak (46 cm B x 40 cm H) van volgreinleer (R675, arrowleathergoods.co.za) te bêre. Dis groot genoeg vir vier groot en vier kleiner messe. Sharp!