1 DINK GROOT!

Die nuwe Instant Pot 8L Duo (R2 499 by @home-takke landwyd en aanlyn by takealot.com en hirschs.co.za) is dieselfde 7-in-1-slimkoker wat maaltye in minute pleks van ure berei, net groter. Sien instantpot.co.za.

2 MET ’N SKOON GEWETE

GD Chocolates word gemaak van natuurlike bestanddele en versoet met suiwer rou heuning. Omdat dit geen preserveermiddels, suiwel, verfynde suikers of hoëfruktose-koringstroop bevat nie, is dié sjokoladestawe die perfekte peuselhappie. Besoek gdchocolate.com.

3 VIR JOU TAFEL

Ons het dié lieflike servette van vlaslinne (44 x 44 cm; vanaf R220 elk) deur die plaaslike kunstenaar Emzi Ficoroni by E Gallery in Stellenbosch gesien. Meng en pas haar vroulike ontwerpe of kombineer dié skoonhede met effekleurige servette as interessante tafelversiering. Sien meer by @emzigallery op Instagram of skakel 082 909 1446.

4 KYK SO ’N SKEPSELTJIE

Tori Stowe maak treffende oorspronklike skilderye wat die natuurskoon uitbeeld. Haar bekers met ’n nagapie, skilpad, ystervark of tarentaal (R59,95 elk) in Woolworths se SA Designer-versameling is alte skattig! Besoek woolworths.co.za.

5 Sit voor in styl

Ronde marmerbord R199, poetrystores.co.za

1 Als-in-een

Die Kitchen Inspire Dual Sided Spoon and Spatula (R99, yuppiechef.com) kan alles doen – meng, skep én smeer!

2 Lekker vir later

As jou wynversameling ’n hupstoot kort, probeer dié heerlike rooiwyne... Klassieke Tokara Cabernet Sauvignon 2017 (R125, tokara.com) spog met subtiele geure van bosbessie, rooi- en swartaalbessie, met ’n sweempie tabak op die neus. Verwag ’n mond vol soet bessies verweef met speserye en liggeroosterde note wat die wyn tydens veroudering uit die vate opgeneem het. Die Middelvlei Rooster Merlot 2019 (R90, middelvlei.co.za) is ’n elegante, sappige wyn met sagte tanniene. Geniet gekonsentreerde geure van pruime, kersies en donkersjokolade met sagte note van eikehout en ’n gladde afronding.

3 Houtwerk

Hout-deegmesse sny deeg en brooddeeg netjies sonder om werkvlakke te beskadig. Ons eie DIY Deon maak dié skoonhede met die hand uit kiaat, eik, garapa en pienk beukehout. Stuur e-pos na diydeon@gmail.com vir nog inligting en om te bestel.

4 Om lank te hou

Blaauwklippen het ’n klassieke Bordeaux-versnit, De Blaauwe Klip 2017 (R195, blaauwklippen.com), in hul reeks premium-rooiwyne bekendgestel om hulde te bring aan meer as 300 jaar se wyngeskiedenis en die kenmerkende blougrys graniet wat die plaas sy oorspronklike naam gegee het. Dié klassieke versnit van cabernet sauvignon, merlot, cabernet franc, malbec en petit verdot sal lieflik verouder vir tot 20 jaar.

1 WORD WARM

Die nuwe Roodeberg Reserve 2017 (R160; kwvemporium.co.za), versny uit die beste vate in die kelder, is die perfekte pasmaat vir vleis-bredies, braai- en wildsgeregte. Roodeberg is ’n ware Suid-Afrikaanse ikoon wat al meer as 70 jaar lank die toets van die tyd deurstaan; dis die hart en siel van onvergeetlike samesyn en op sy beste saam met goeie vriende – al moet julle die glasies op die skerm klink!

2 Hartsake

Ons het die hartvormige tertjies in dié uitgawe in dié veelsydige Heart Tray met 12 holtes (R599, lecreuset.co.za) gebak.

3 SOET ÉN GOED

Krush Carrot & Orange is ’n heerlike 100% suiwer mengsel van vrugte- en groentesap in ’n vars óf langlewe-verpakking. Só kry jy die goedheid van vitamien A, C en E vir die hele gesin. Sien clover.co.za.