1. Hoe meer siele...

Set a Table (R380, Jacana Media) is die restaurateur en fynproewer Karen Dudley se derde pennevrug en volg in die spoor van haar gewilde A Week in the Kitchen-kookboeke. Wanneer jy mense vir ete kry – hetsy vreemdelinge, kennisse, familie of vriende – is dit ’n okkasie en Karen meen wanneer jy tafel dek, lê jy jou bloot op ’n baie intieme manier. Met dié versameling beproefde liplekker resepte verken Karen die ritueel van onthaal en herinneringe skep.

2. MET LIEFDE

Die Van Loveren-wynplaas op Robertson het sy eerste perlé-styl-Pinot Grigio Rosé opgedra aan wyle Jean Retief, die matriarg wat welbekend was vir haar liefde vir tuinmaak en die geil lushof wat sy en haar man, Hennie, in 1939 op die landgoed aangelê het. Die ontwerp van die etiket van Perlé de Jean Pinot Grigio 2018 (R69,99, thewinehub.membernet.co.za) weerspieël dié passie pragtig!

Dié droë witwyn met ’n effense vonkel is pure somer en pas perfek by varktjops en geroosterde perskes, somerslaaie, soesji, geroosterde groente en vars bessies. – Johline Barnardt, Perlé de Jean se handelsmerkbestuurder
3. SOETE DRIEKUNS

Dié MCC-truffels (R39,99 vir ’n pakkie met drie; woolworths.co.za) is ’n fantastiese geskenk!

4. Vir Vader Krismis

Melkbeker R59,99, mrphome.com

5. Kuns in die glas

Die Belgiese biervervaardiger Duvel kies elke jaar ’n internasionale kunstenaar om ’n kunswerk te skep waarmee ’n beperkte oplaag van hul glasware versier word. Vanjaar vier Duvel die glaskuns én sy eerste samewerking met ’n kunstenaar uit Afrika! Lizette Chirrime se treffende werk getiteld “Madonna” illustreer die vele fasette en kompleksiteit van die vroulike vorm. Dié nuwe Duvel-glas sal by uitgesoekte kroeë en restaurante in Kaapstad en Johannesburg te sien wees, met ’n beperkte aantal te koop aan diegene wat ’n bier in styl geniet. Vind meer uit by belgianbeercompany.co.za.

6.  Deel die liefde

Maak Kersfees vanjaar nog meer spesiaal met die ikoniese 100 g-Lindt-beertjies (R54,95)! As jy twee koop en die unieke kodes op die vervardiger se mikrowebwerf intik, sal Lindt ’n skoolsak skenk aan ’n kind by die SOS Children’s Villages South Africa. Dié aanbod geld tot 25 Desember 2018. Besoek lindt.co.za.

1. Eind goed, als goed!

Tyd jou ingehaal? Rond jou feesmaal af met dié beperkte reeks soetgoed van Checkers en Checkers Hyper. Dit sluit pastéis de nata (onder, R44,99), luukse koekstruif, bloubessie-vrugtepasteitjies, driesjokoladepoeding en, natuurlik, Kerskoek in.

2. Pienk plesier

Die lieflike salmpienk Lourensford MCC Brut Rose 2014 (R255, lourensford.co.za) is net die regte apéritif vir die feestyd. Dis heerlik saam met die regte geselskap, seekos-canapés of jou gunsteling-hoendergereg.

3. ’n Kersfees-bederf

Trakteer jouself en jou geliefdes met ’n feesmaal by een van die twee restaurante in die Four Seasons-hotel The Westcliff in Johannesburg. Die gesinstyl-ete op Oukersaand in die opelug-braairestaurant Flames (R1200 per persoon) sluit klassieke feesstaatmakers en vermaak deur die Soweto Gospel Choir in, terwyl die Kersmiddagete by hul avant-garde-vlagskip View (R1600 per persoon) uit ’n vyfgangmaal bestaan. Bespreek by Natalie.harrison@fourseasons.com of Bianca.andersen@fourseasons.com.

4. Perfekte pasmaats

Die Helderberg-wynkelder Idiom bied tot einde Februarie 2019 ’n macaron-en-wynparing aan. Die ervaring voer jou van die sagte, ligte geure van ’n Prosecco genaamd Romeo and Juliet tot by die donker, intense smake van Idiom Imperium Black Gold Hailstorm – telkens met macarons wat daarby pas. Kaartjies kos R150 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Besoek idiom.co.za.

5. VIR ’N TIKKIE FLAIR

Vrolik jou fees op met begeerlike Le Creuset-erdeware. Die Christmas Tree Cookie Plate (R790) is afgewerk in dieselfde pêrelglans as die nuwe Metallics-versameling (Metallic Cerise, Metallic Kale en Metallic White). Sien meer by lecreuset.co.za.

6. Voor in die koor

Maak seker jy kry een van Scottish Leader se beperkte geskenkpakke in die hande! Dié whiskyhandelsmerk het hande gevat met Innocent Mukheli en Vuyo Mpantsha, die kreatiewe duo I See A Different You van Soweto, wat op die positiewe sy van Suid-Afrika fokus.

Daar is drie geskenkpakke om van te kies, een vir elk van die Scottish Leader-variante – Original (R180), Signature (R220) en 12-year-old (R320); elke pak sluit twee gratis whiskyglase in. Dié whiskies met hul effens rokerige, soet en ryk smaak-profiel is die perfekte geskenk – of koop al drie stelle vir jou eie versameling!