1. Als wat jy moet weet

Help! Ek kry gaste vir etedeur Annabel Frere (R220, Penguin Random House) bevat 150 resepte wat jou repertoire van smaaklike dog eenvoudige resepte vir enige okkasie sal uitbrei. Annabel se wenke en skatkis vol nuttige inligting sal jou nuwe selfvertroue in die kombuis gee, alles leer oor goeie beplanning en hoe om sonder stres te onthaal.

2. Perfekte pastel 

Kyk uit vir dié pragtige nuwe roomyskleure – Mint, Butter, Sea Lettuce en Marshmallow – van Mervyn Gers Ceramics! Besoek mervyngers.com.

3. MAAK DIT ’N MAAL

@home hou nou trots die tweede uitgawe van die Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen se boek Jan the Journal Volume 2 (R320; home.co.za) aan. Die boek is ’n viering van die kos, geure en mense van Suid-Afrika en verken Jan se gunstelingplekke in Europa met ’n kombinasie van pragtige resepte, stories en foto’s. 

4. BLIKASPAAI!

Kikker jou partytjie op met die flair van die nuwe Chateau Del Rei (R74,99 vir ’n sespak by voorste drankwinkels) – ’n natuurlike soet vonkelwyn, gerieflik in ’n blikkie vir enige okkasie!

5.TAWWE TIENIE

Die Bosman Nero 2016 (R300; bosmanwines.com) is ’n besonderse medium-vol rooiwyn met geure van vars bessies en ’n pragtige verhaal daaragter. Toe hy op soek was na nuwe druifkultivars wat in Wellington se warm, droë toestande sou aard, het Petrus Bosman heelpad Sisilië toe gereis waar hy kennis gemaak het met die Nero d’Avola, ’n robuuste rooi druif wat gedy in verweerde granietgrond en die hitte en droogte kan trotseer. Dié spesiale wyn is die eindproduk van ’n lang leerproses en verteenwoordig ’n uitdaging aan die status quo van wynmaak aan die suidpunt van Afrika. “Selfs op die warmste dag is dié druiwe gelukkig,” sê die wynmaker Corlea Fourie.

1. ELKE DAG IS MARKDAG

The Good Batch is ’n familiewinkel wat herinner aan ’n Mediterreense kosmark met die wêreld se beste fynkos, asook plaaslike lekkernye. Van ’n klein bederfie vir iemand spesiaals tot ’n indrukwekkende geskenk vir ’n kliënt – jy kan self kies wat jy wil hê of een van die ervare personeellede vra om ’n boks lekkernye bymekaar te sit: soet, sout of albei! Loer in by hul winkel by Canal Walk in Kaapstad; besoek thegoodbatch.co.za vir besonderhede.

2. Vars en veerlig

Op soek na ’n drankie vir die somer? Almost Zero (R65 by voorste winkels), gemaak van sauvignon blanc deur Van Loveren op Robertson, bevat min kilojoules en so te sê geen alkohol nie! Dis vars en verfrissend, en op sy beste as jy dit yskoud geniet. Besoek vanloveren.co.za.

3. DIE KOOL WERD

Bespaar tyd en beïndruk jou gaste met Lancewood se nuwe Sauce Delight-sousreeks – Mushroom, Cheese of Pepper – gemaak met regte room en so vars dat jy dit net in die supermark se yskas-afdeling sal kry! Besoek lancewood.co.za.

4. Bly koel

Die Revol Champagne Bucket (R979; yuppiechef.com) het ’n inhoudsmaat van 3 liter en kan as ysbak vir wyn gebruik word of om pons, limonade en roomys in voor te sit ... Moet dit net nie dié emmer skop nie!

5.  So vars!

Rugani se groente word elke dag vars geoes en binne net vier uur tot 100% suiwer sap verwerk. Die reeks bestaan tans uit ’n beetsap-mengsel, ’n wortel-en-pynappelsap-mengsel, 100% wortelsap, wortelsap met ’n gemmergeur en 100% pynappelsap- – als beskikbaar in 330 ml- en 750 ml-houers. Kry dit by Food Lover’s Market, Dischem en uitgesoekte takke van Spar. Sien ruganijuice.co.za