Dek ’n tafel

Gee jou eetkamertafel ’n tikkie kleur met ’n pragtige Protea-loper (45 x 200 cm; R179,99) en vier kurk-plekmatjies (R149,99) van mrphome.com

EEt, drink en wees vrolik

Die Americana-styl-restaurant en musiekvenue Calexico by 44 Stanley in Milpark, Johannesburg, is nou 1 jaar oud. Dis bekend vir  kos wat perfek is vir gesellig saamkuier (dink smaaklike nacho’s, klewerige ribbetjies en dubbel-dubbel-hamburgers), met besonderse mengeldrankies en boetiekbier daarby. Vrydagaande kan jy uitsien na ’n  platejoggie, en lewende musiek elke Saterdag van 14:00–17:00. Skakel 011 482 5791 of bespreek by info@calexico.co.za. 

3 HIERT, JOU rum-kat!

Don Papa (R699, Makro en Norman Goodfellows) is ’n moet-hê vir rum-liefhebbers. Die pyp-gedistilleerde rum met ’n melasse-basis word eers in verskillende sjerrievate verouder en dan sorgvuldig versny. Verwag geure van pruim, donkersjokolade en ryp vye in dié fluweelsagte drankie. Bederf jouself!   

4 ’n Wenkombinasie

De Kleine Wijn Köop Kreatuur 2018 is ’n unieke versnit van mourvèdre (77%) en grenache vir ’n vrugtige wyn met aromas van rooibostee, veldblomme en speserye. De Kleine Wijn Köop-wyne was voorheen nie vryelik beskikbaar nie, maar danksy ’n onlangse vennootskap met die verspreiders Morvino Wine Merchants sal dit nou makliker te kry wees by sekere winkels in die Wes-Kaap. Besoek dekleinewijnkoop.co.za of skakel 021 703 3775 vir inligting.  

1 Onthou jy nog?

Die Kokkedoor 2019-deelnemer Lientjie Wessels is ’n beeldende kunstenaar met ’n flair vir kos. In haar pragtige nuwe kookboek, Geure (R400,  Annake Müller Publishing), deel sy resepte met 13 nostalgiese geure wat haar na aan die hart lê. Van immergewilde kaneel, heuning en suurlemoen tot meer gewaagde resepte met rissies geïnspireer deur Mexiko se straatmarkte. Die bundel is ewe veel kyk- as kookboek met droommooi foto’s gestileer deur Hannes Koegelenberg en vasgevang deur Donna Lewis.

2 In VOLLE BLOM

Bloom London Dry Gin (R499, uitgesoekte handelaars landwyd) word handvervaardig deur Engeland se oudste jenewer-distilleerder. Dis ’n ligte jenewer geïnspireer deur die natuur, en spog met aromas van kamille, kanferfoelie en pomelo. Geniet dit met goeie tonikumwater en ’n aarbei vir die mooi.

3 BestE VAN ALMAL 

Ooh la la Confectionary in Abbotsford, Johannesburg, het onlangs ’n allemintige 16 pryse losgeslaan by die 2019 UK Great Taste Awards, ’n gesogte jaarlikse kompetisie deur die Guild of Fine Food in Londen. Hulle het weggestap met die hoogste prys vir nougat, wat beteken hulle mag maar sê dat hul nougat die beste ter wêreld is! Sien oohlalaconfectionery.com

1 Perfekte 10

Die 2019-Gabriëlskloof Rosebud-rosé (R80 by die kelder) is die 10de aflewering van dié gunsteling. Die rosé in die Provensaalse styl – ’n versnit van ewe veel syrah- en viognier-druiwe – is lig en droog. Bestel aanlyn by gabrielskloof.co.za.

2 Een vir jou sak

Met ’n Opinel Traditional-knipmes van vlekvrye staal (R339, yuppiechef.com) is jy altyd gereed vir ’n piekniek!

3 Sê (room-) kaas!

Goeie nuus: Die geliefde,en voorheen ingevoerde, Franse kaasprodukte The Laughing Cow en Kiri Cream Cheese word nou in George op die Tuinroete gemaak. Kiri Cream Cheese (200 g) is perfek vir ’n brownie-bolaag of saam met bessies op wafels!

4 Wat’s in die boks?

Die druiwe vir die inhoud van die 3-liter- 2019 Cape Fynbos Chenin Blanc-boks word geoes van ou droëland-bosstokke in die Voor-Paardeberg- en Swartland-omgewing. Die wyn beloof ’n romerige gevoel in die mond en geure wat lank talm. Kry dit nou teen R129,99 by Checkers- en Checkers LiquorShop-takke landwyd. 

Ons is dol hieroor!

Die boks is versier met meer as 17 botaniese sketse deur die kunstenaar Tertia du Toit.