1. Kos vir elke jaargety

Geniet die lekkertes van elke seisoen met ons sustertydskrif Weg! Platteland se resepteboek, Seisoenskos (R325, Human & Rousseau). Die resepte deur hul kosredakteur, Aletta Lintveldt, maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte, asook gebak wat by elke tyd van die jaar pas.

2. ‘n Soet verrassing

Jennings Fine Foods het ’n nuwe reeks handgemaakte Bon Bon-geskenkpakke (R55 elk; 140 g) beskikbaar by voorste winkels, apteke, deli’s en geskenkwinkels landwyd. Jy kan kies uit gewone fudge, romerige vanielje-fudge of ’n mengsel wat bestaan uit gewone fudge, klapperys en dadel-crunchies. Njam!

3. gesondheid!

Die ligpienk 2015 Dainty Bess Méthode Cap Classique (R255; daintybess.co.za) is 100% pinot noir; twee derdes van die druiwe kom van Klein Optenhorst op Wellington en die ander derde van ’n koelklimaat-wingerd op Elgin. Dit spog met geure van framboos, crème patissiere en ’n titsel speserye met ’n vars nasmaak. 

4. Kry vir jou!

Beplan jy ’n partytjie? Beïndruk jou gaste met dié spoggerige Clinton Friedman-dienbord (R429; yuppiechef.com)

5. Vat dit saam

Dié nuwe mini-sout- en peperpotjies van Oryx Desert Salt (R42,95; wellnesswarehouse.com) is so gerieflik! Gooi dit in jou piekniekmandjie wanneer jy op ’n staptoer gaan, die langpad aan-durf of gaan kamp.

6. Lus vir die lewe

Lust Bistro & Bakery op die Vrede en Lust-wynlandgoed op Franschhoek is bekend vir sy gesellige atmosfeer. Benewens ’n nuwe spyskaart is hulle nou ook elke Vrydag en Saterdag tot saans tienuur oop. Geniet die vars, pretensielose geregte saam met ’n keuse van hul beste wyne. Besoek lustbistro.com.

1. Vir die kosblik

Montagu se nuwe No... No... -vrugtevlokkies (appel, braambessie, mango, perske, gemengde bessie en aarbei) bevat geen bygevoegde suiker, preserveer­middels of kunsmatige kleurmiddels nie en is propvol vitamien C en vesel. Koop ’n 40 g-pakkie vir  R12,90 by enige Montagu-winkel en besoek  montagudriedfruitnuts.co.za. 

2. Basta met enkelgebruikplastiek

Salig op die tong en goed vir die planeet – hoera vir die bekroonde Johannesburgse brouery Mad Giant!, wat hul  krimpverpakking vervang het met karton. “Papier-etikette kos wel amper dubbel soveel, maar kan jy jou indink wat dit sal kos om die see skoon te maak,” sê die broumeester en stigter, Eben Uys. Jy sal R24–R25 vir een Killer Hop betaal en R85–R90 vir ’n pak van vier. Besoek madgiant.co.za.

3. Net reg vir die somer

The Earth Laughs in Flowers is die naam van Chantel Dartnall se besonderse somer 2018-spyskaart by Restaurant Mosaic in die Orient-hotel in Elandsfontein, Pretoria. Dit word gereken as een van die voorste restaurante in Afrika en die spyskaart, waarmee Chantel hulde bring aan Moeder Natuur, spog met haar kenmerkende botaniese kookkuns waarin sy net die beste produkte van die seisoen gebruik. “From the Frozen Ocean” is ’n kulinêre spogstuk waarin Arktiese salm voor die restaurantgangers berei word, terwyl “Cherry Blossom”, met eendvlerkies en liggies gerookte eendbors met smullekker kersiegeure, ook nog ’n groot gunsteling gaan word. Besoek restaurantmosaic.com.

4. Pasmaats!

KWV Classic Collection-wyne fokus op enkelkultivars – van ’n geliefde chenin blanc tot die meer ongewone grenache blanc en moscato. Die Classic Collection Moscato is ’n aromatiese wyn met blom-, tropiese en perske-aromas op die neus en geure van lietsjie op die tong – perfek vir die somer! Volg die handelsmerk-ambassadeur, sjef Mynhardt, se voorbeeld en geniet dit saam met tandoori-groente of romerige hoenderpasta – dis perfekte pasmaats! Besoek kwv.co.za.

5. dis die wag werd

Tokara, ’n familie-wynplaas in die Helshoogte­pas buite Stellenbosch, het sy eerste 10 jaar oue potketelbrandewyn bekendgestel. In die eeue oue Cognac-tradisie is die chenin blanc-basiswyn twee keer gedistilleer en daarna vir minstens 10 jaar verouder in vate van Limousin-eikehout. Koop die brandewyn teen R650 by die kelder of by uitgesoekte wynverskaffers; jy kan dit ook aanlyn bestel by tokara.com.

6. jy’s genooi

Op soek na ’n lieflike geskenk vir jou gasvrou? Poetry het ’n uitstekende keuse – van Cederberg -rooibostee (R125) en ’n Floral and Gold-botterbakkie (R350) tot die Gold Twig-slaailepels (R299). Besoek poetrystores.co.za.