1. Vat so!

Die veelsydige OXO Good Grips Silicone Roasting Rack (R289 vir ’n stel van twee, yuppiechef.com) het ’n oop ontwerp; lug sirkuleer rondom die vleisstuk sodat dit egalig oondbraai, en enige vet kan terselfdertyd afdrup. Dis nommerpas vir verskeie geregte, van ’n vleisstuk vir Sondag-middagete tot spek vir ontbyt!

2. Spog-disse

Level Four Restaurant by 54 on Bath in Rosebank, Johannesburg, se nuwe winterspyskaart spog met ’n paar avontuurlustige geregte, die handewerk van die hoofsjef Matthew Foxon en sy medesjefs. Dit fokus op gemak en geur, met disse soos Jersey-bieffilet met witwortelpuree, gestoofde kortrib en baba-uie (njam!); porcini-sampioen-en-blomkool-risotto met truffel-krokette; en miso-sop met kammossels en Thaise rooikerrie. Vir nog inligting, besoek tsogosun.com/level-four.

3. Fynbos in die kollig

Vondeling Wines, in Voor-Paardeberg tussen Paarl en die Swartland, vier ’n nuwe spesie Paardeberg-fynbos met ’n nuwe naam vir sy vlagskip- rooi Rhône-versnit – ‘Erica’ heet nou ‘Monsonia’. Die diep-persrooi 2015 Monsonia (R215, vondelingwines.co.za) het ’n weelderige neus van helder viooltjies, donker vrugte en rokerige eik, gevolg deur ’n palet van donker vrugte en ryk sjokolade met speserygeure.

Die beste wyn, aanlyn

FindWine is ’n nuwe aanlyndiens met ’n slim puntestelsel en prysvergelyking wat dit maklik maak om bekroonde wyne aanlyn te koop. Danksy die webwerf en mobi-blad se slim ontwerp soek jy eenvoudig volgens prys; dit verbind jou ook met aanlyn-handelaars wat jou aankope by jou voordeur sal aflewer. Elke bottel wat op findwine.com gelys is, kom uit ’n bekroonde oesjaar en by elkeen word ’n lys handelaars en hul pryse aangedui sodat jy kan kies wat jou sak pas.

4. Fyn kuns

Graniet-stamper en -vysel R199,99, mrphome.com

5. Plaaslik gepluk

Sage Kitchen se Pick Local-pesto’s (vanaf R43) is nou beskikbaar by Pick n Pay. Wanneer jy Pick Local se produkte in winkels sien, weet jy jy ondersteun plaaslike ondernemings en werkskepping in die gemeenskap, asook plaaslike verskaffers. Jy koop nie net ’n produk nie – jy is deel van ’n groeiende beweging wat die weg baan vir kleinsake in Suid-Afrika. Sien ook sagekitchen.co.za. 

1. OPSKIET

Die sjefs Nic van Wyk en Westley Muller, in samewerking met die landgoed Haute Cabrière op Franschhoek, bied nog ’n seisoen van opskiet-restaurante landwyd aan waar hulle ’n sesgang-proespyskaart met wyn paar (R595 per persoon); sien cabriere.co.za vir nog datums en inligting.

KWAZULU-NATAL

7 & 13 Julie: Osa Restaurant by die Fairmont Zimbali Resort, Ballito en 10–12 Julie: Fairmont Zimbali Lodge, Ballito. Vir besprekings, skakel 032 538 5000 of stuur e-pos na zim.dining@fairmont.com.

TUINROETE

20–21 Julie: Oubaai Hotel Golf and Spa, Heroldsbaai, George. Skakel 044 851 1234 of e-pos nikki.schaafsma@oubaaihotels.com om te bespreek.

GAUTENG
  • 23–27 Julie: Randpark Golf Club, Randburg, Johannesburg. Skakel 011 215 8600 of e-pos facilitator@randpark.co.za om te bespreek.
  • 31 Julie – 4 Augustus: The Peech Boutique Hotel, Melrose, Johannesburg. Skakel 011 537 9797 of e-pos events@thepeech.co.za om te bespreek.

2. Gesondheid!

Eat Lekker for Goodness’ Sake (R335, Quivertree) uit die pen van Low Carb is Lekker se skrywer, Inè Reynierse, bied heilsame resepte om jou gewig te handhaaf, siektes te voorkom en jou volle gesondheidspotensiaal te bereik. Dié boek gebruik voeding as ’n instrument om die brein en liggaam te herstel met seisoenale resepte wat ’n volhoubare koolhidraat-slim, graan- en suikervrye leefstyl vir die hele gesin bevorder. 

3. Net ‘n knippie

Of jy dit net so, met knoffel of met kruie verkies, Cape Foods Himalayan se strooi-potjies (R19,95, by voorste winkels) bevat growwe sout wat reeds tot 1–2 mm-korrels gemaal is, sodat jy nie ’n meul nodig het nie.

4. Eeufees

Die legendariese drank-produsent KWV vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar, en om dit te vier stel hulle ’n beperkte oplaag van hul 2011 Blanc de Blanc MCC, The Centenary (R249, Makro), bekend. Dis 100% chardonnay, en met komplekse geure van groenappel en sitrus­vrugte saam met aromas van rooster­brood en haselneute is dit perfek op sy eie, of saam met vars seekos soos oesters en soesji.