1 ALLES-IN-EEN

All Sorts of One-Dish Wonders deur Chantal Lascaris (R240, penguinrandomhouse.co.za) wys hoe opwindend eenpotgeregte kan wees met resepte vir meer as net jou alledaagse staatmakerbredie vir ’n weeksaand. Chantal deel amper 80 geregte – ontbyt en nagereg inkluis – wat eenvoudig is om te berei, min moeite verg en altyd smullekker is! Ons kan nie wag om die tuna Niçoise te proe nie.

2 SKIL ’N VITAMIEN C-HUPSTOOT

ClemenGold-nartjies is sappig, maklik om te skil, so te sê pitloos en die perfekte peuselhappie dié winter. Sien clemengold.com.

3 Sprankelend!

Die Babylonstoren-tuin het nou ’n niealkoholiese aperitif met borrels gemaak! Bitterlekker (R135 vir ’n sespak 100ml-bottels, babylonstoren.com) spog met ’n alkoholinhoud van minder as 0,55% en kombineer die kruiegeure van heuningbos met die aangename sitrus-byt van bloedlemoen en pomelo.

1 Groot geeste

Spookfontein, ’n boetiek-wynlandgoed in die Bo-Hemel-en-Aarde-vallei, is bekend vir hul robuuste wyne. Probeer die Spookfontein Phantom 2017 (kelderprys R145), ’n versnit in die Bordeaux-styl oorheers deur merlot met ryk bessiegeure, en Spookfontein Pinot Noir 2017 (R195), ’n ligter kultivar waarvoor die streek welbekend is. Wat kan dan nou beter wees langs ’n knetterende vuur? Bestel by spookfontein.co.za. Pst! terwyl jy nou aanlyn is, bespreek sommer ook verblyf in een van hul luukse kothuise vir ná grendeltyd.

2 BLOMME VIR JOU TAFEL

Gee jou tafel ’n spatsel kleur met dié papierplekmatte (330mm in deursnee, so groot soos ’n eetbord). Dis gedruk op 120gsm-papier met ink met ’n groenteolie-basis. Die nuwe SA Flowers-ontwerp deur FearikaDesign (R220 vir 24, kamers.co.za) is pragtig!

3 SONDER EINA

Keer dat warm potte en panne jou brand met ’n mooi dubbele Clariceoondhandskoen (R99,99, mrphome.com)

Alles bymekaar Hou jou opwashoekie netjies met ‘n Joseph Josephwasbak-organiseerder (R549, yuppiechef.com)

Pragtige patrone

Skep ’n besonderse fokuspunt in jou kombuis met patroonteëls.

1 Brandkleur-sementteël A411-E (200 x 200 mm) R1 463/m², Hadeda

2  Mosaico Vero Picasso Estrella Nero-porseleinteël (200 x 200mm) R290/m², Stiles

3 Cuban White Star-porseleinteël (223 x 223mm) R695/m², Pudlo

4 Pavimento Antiqua- geglasuurde keramiekteël (200 x 200mm) R490/m², Italtile

5 Heritage Grey-porseleinteël (331,5 x 331,5mm) R540/m², WOMAG

6 Brandkleur-sementteël A500-C (200 x 200mm) R1463/m², Hadeda