1. ’n Kosreis

Ming-Cheau Lin se Just Add Rice (R375, Quivertree) is ’n viering van die Taiwannese kultuur en kookkuns vanuit haar besonderse oogpunt as immigrant wat in Bloemfontein grootgeword het. Taiwannese kos mik na balans en harmonie in geur, tekstuur en voedingswaarde en die boek fokus op huiskos van plaaslike produkte en bestanddele uit die Ooste wat hier beskikbaar is. Probeer iets nuuts!

2. Tafelpraatjies

Herinneringe aan die Otter-staproete langs die Tsitsikamma-kuslyn bied die kleur- en tekstuur-inspirasie vir Mungo se Otter Trail-tafeldoeke van suiwer linne (vanaf R1 065 elk). Dié skilderagtige staproete begin juis nie ver van die Mungo Mill in Plettenberg-baai nie. Vir besonderhede oor hul sewe kleurkombinasies en groottes, besoek mungo.co.za.

3. Met brood gebrou

Het jy geweet 32% van Suid-Afrika se kos word gemors? Toast is vasbeslote om dit te verander! Hul smaaklike bier word gebrou van onverkoopte brode by bakkerye en ongebruikte toebroodjiekorsies. Al ander bestanddele is hop, gis en water. Die wins gaan aan Soil for Life, ’n organisasie wat werklose Suid-Afrikaners bemagtig deur hulle op te lei om kostuine tuis aan te lê. Sien meer by toastale.com.

4. Sit aan

’n Passie vir plaaslike bestanddele en die energie van die Suid-Afrikaanse kosbedryf inspireer die sjef Guy Bennett wanneer hy sy meesterstukke by The Restaurant by Grande Provence op Franschhoek skep. Die à la carte-spyskaart sluit ’n driegang-middagete (R450 per persoon) en viergang-aandete (R725) in, met voorstelle vir ’n bypassende Grande Provence-wyn by elke gereg. Skakel 021 876 8600 of e-pos reservations@grandeprovence.co.za om te bespreek. 

1. Kry jou vir middagete

Menlyn se Forti Grill & Bar in die Time Square Sun International Casino het ’n spesiale middagete-aanbod vir weekdae: Teen R150 kan jy smul aan ’n tweegang- Italiaanse fees, mét ’n drankie (’n glas wyn, plaaslike bier, mineraalwater of sap) daarby; alles word binne net 30 minute voorgesit. Skakel 086 003 6784 om te bespreek of e-pos info@forti.co.za. Sien ook forti.co.za.

2. Op ’n drafstap!

Bederf Pa op Vadersdag met ’n herbruikbare ecoffee-beker (R199, yuppiechef.com) van bamboesvesel en mielieblom.

3. Van boot na bord

Steenberg se Bistro Sixteen82 in Kaapstad, en Abalobi, ’n nie-winsgewende gemeenskapsprojek, staan aan die voorpunt van SA se eerste boot-tot-tafel-ervaring; Gaste skandeer ’n QR-kode by hul tafel en kry dan inligting oor die oorsprong van die seekos op hul bord, gevang deur kleinskaalse vissers aan die Wes- en Suid-Kaapse kus. Dit verseker ’n beter prys vir die vis en meer volhoubaar-heid vir die vissers en see-hulpbronne. Vir besonderhede, besoek abalobi.info en steenbergfarm.com/bistro1682/.

4. Vrugtegeur

Lindt se nuwe Fruit Sensation-reeks donker-sjokoladehappies met ’n sagte kern (R64,95 vir ’n herseëlbare pakkie van 150 g) is te kry by woolworths.co.za. Ons was dol oor die lemoen-en-pienkpomelo-geur. Njam!

5. ’n Appel elke dag ...

De Grendel se nuwe Three Spades Cider (R35/330 ml, degrendel.co.za) is gemaak van varsgeperste appels uit Elgin. Dis lig en vars met heerlike borrels, daarom herinner dit aan sjampanje en is dit perfek vir ’n viering! Sit dit voor met als van oondgebraaide vark tot pikante Oosterse disse.

6. Beste van die Besters

Bester is ’n beperkte reeks elegante wyne wat Zakkie Bester in die Swartland maak. Die Bester Chenin Blanc 2016 (R104, besterwines.com) is ryk aan die geur van tropiese vrugte, met ’n skerp suurheid en mineraliteit vir balans. Skink ’n glasie, sit agteroor en geniet ’n oomblik van saligheid.