1 Ses van die bestes

“Roku” beteken ses in Japannees en Roku Gin (R299; Makro, Pick ’n Pay, Checkers en uitgesoekte TOPS at Spar) kombineer ses tradisionele plantbestanddele vir die geur: sakura-blomme, sakura-blare, yuzu-skil, sencha-tee, gyokuro-tee en sansho-peper. Geniet dit op ys of in ’n Japannese jenewer en tonikum saam met ys en skyfies gemmer om die verfrissende sitrussmaak van die yuzu te komplementeer. Sien meer by suntory.co.jp/wnb/rokugin/.

2 Wat ‘n lekker bederf!

Met die slim Philips Avance Digital Electric Pasta Maker (R3 599, yuppiechef.com) sit jy net die pasta-bestanddele in – dan knie dit die deeg outomaties, en binne 10 minute het jy 450 g vars pasta of noedels! Dit kom met vier skyfies wat die regte vorm vir spaghetti, penne, fettuccine en lasagne verseker. Die verwyderbare dele is skottelgoedwasser­veilig en die toestel het ’n tweejaarwaarborg. 

3 Gou-gou warm!

Gaan op ’n kulinêre reis van China na Thailand met die nuwe reeks geriefs-maaltye beskikbaar by Checkers en Checkers Hyper. Probeer die heerlike Sweet & Sour Pork met eiernoedels, en Pork Meatballs and Stir Fry Veg (R49,99 elk; checkers.co.za).

4 Vang ryk geure vas

Balti is ’n kookmetode uit die noorde van Pakistan en soortgelyk aan Indiese kerries. Geregte bestaan gewoonlik uit gemarineerde vleis, groente en speserye, en word gaargemaak en voorgesit in ’n wok-tipe bak saam met naan. Le Creuset se 24 cm-gietyster-Balti Dish (R1 990, lecreuset.co.za) is handgemaak, maak kos eweredig gaar en hou hitte langer. Ons is dol oor hul nuwe grys skakering, Flint!

1 Ene onskuld

Die Fibs Classic Dry en Pink Rose & Cucumber G&T’s (R89 vir ’n pak van vier; yuppiechef.com) is gemaak van natuurlike bestanddele en mineraal­water sonder enige kunsmatige versoeters, wat dit ’n wonderlike nie-alkoholiese alternatief maak.

2 SPOGDISSE TUIS!

Die Instant Pot Multi-Cooker, wat sewe kombuistoestelle in een kombineer, het die verbeelding van SA se koskenners en -bloggers aangegryp. Probeer gerus een van hul inspirerende winterskeppings in jou eie Instant Pot: die Guinness-biefbredie deur Alida Ryder van Simply Delicious (simply-delicious-food.com); ’n lamskenkel wat Sam Linsell van Drizzle & Dip (drizzleanddip.com) in minder as ’n uur gemaak het; risotto binne 15 minute deur Dianne Bibby van Bibby’s Kitchen (bibbyskitchenat36.com); of die heilsame hoenderbeen-kragsop deur Ilse van der Merwe van The Food Fox (thefoodfox.com). Geniet!