Vat die pad

Rojaal is ’n gesellige eetplek op Elgin, minder as ’n uur se ry van Kaapstad. Arno Reuvers, ’n ondernemende appelboer, het dit net meer as ’n jaar gelede op die been gebring in ’n ou blomskuur met ’n pragtige uitsig op die vallei. Die dekor herinner aan toeka se tyd en die spyskaart spog met gunstelinge soos hoenderslaai en roosterkoek; vir suikertande is daar verleidelike koek en Cream Soda-floats. Dis Woensdae tot Sondae oop van 08:00 tot 17:00. Skakel 021 204 1085.

  1. WITWARM MODE! Pantone-pers Pylones- geïsoleerde beker R399,95, pylones.co.za
  2. STYLVOLLE BÊREPLEK Broodblik van bamboesvesel R299,99, mrphome.com
  3. Pak reg! Die Ninka Connect-stelsel skep orde in enige laai, ongeag die breedte of diepte. Dit bestaan uit verskeie soorte verdelers, wat beteken jy kan ’n uitleg kies wat presies aan jou behoeftes voldoen. Dis te koop by Eclipse-takke in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Port Elizabeth. Skakel 0861 325 4773.

KOFFIE SONDER SORGE

Vida e caffè se Constellation of Coffees-reeks koffiekapsules (vanaf R79 vir ’n pak van 10) is ten volle herwinbaar – die firma Trufflex verwerk dit tot nagemaakte houtprodukte. Neem eenvoudig jou leë kapsules na enige Vida-winkel vir herwinning. Die kapsules is landwyd te kry by Vida-takke, asook @home, Takealot, Yuppiechef en DionWired. Met ’n Galaxia Coffee Capsule Machine (R1 699) en Completo Milk Frother (R799), in samewerking met Russell Hobbs, kan jy nou spogkoffie tuis geniet.

Kerrie-meesterklas

Curry (R395; Human & Rousseau) deur die joernalis en kok Ishay Govender-Ypma, kombineer die resepte en stories van meer as 60 koskenners landwyd – van krap- en soutviskerrie uit KwaZulu Natal tot Calvinia-afval; van kasi-bief uit Orlando-Wes en Qunu tot Karoo-wild; selfs kerkbasaar-kerrie-en-rys tot vegetariese dhal.

Glaskuns

Ons is gaande oor die vorms in Carrol Boyes se nuwe reeks glasware! Bederf jouself met ’n stel van 4 drinkglase (R575), sjampanjeglase (R655) of wynglase (R695) van carrolboyes.com.

  1. Opgetof! False Bay Vineyards roem hulle daarop dat hulle “regte” wyn bekostigbaar maak en het hul nuwe reeks ’n vars voorkoms gegee. Die False Bay-reeks (R58 per bottel by boetiek-wynwinkels en restaurante landwyd) bestaan uit twee rooiwyne (Old School Syrah en Bush Vine Pinotage), drie witwyne (Crystalline Chardonnay, Windswept Sauvignon Blanc en Slow Chenin Blanc) en ’n Whole Bunch Rosé. Besoek falsebayvineyards.co.za.
  2. Klassieke kombinasie Darling Brew se nuwe The Golden Tail Lemon Radler (ook bekend as ’n shandy) is ’n ligte, verfrissende kombinasie van bier en limonade. Met ’n alkoholinhoud van net 2,6% is dit perfek as jy op soek is na ’n ligte drankie. Besoek darlingbrew.co.za.
  3. Tonne geur Simply Garlic is ’n plaaslike onderneming van Pretoria. Hul gefermenteerde swart knoffel (R24,50, simplygarlic.co.za) gee ’n heerlike soet-sout geur wat heelwat matiger is as rou knoffel – én dit gee jou nie daai draakasem nie. Lekker!

Rede vir ’n fees

J.C. Le Roux se nuwe, droër Vibrazio-reeks vonkelwyne sluit ’n droë Sauvignon Blanc, ’n semi-droë Demi-Sec en ’n Demi-Sec Rosé in, (landwyd beskikbaar teen R76 per bottel). Probeer gerus dié vonkelwyne in ’n verskeidenheid mengeldrankies of saam met vrugte in stoute yslollies. Besoek jcleroux.co.za vir nog inligting.