1. Op ’n streep

Mungo se pragtige nuwe Chef’s Apron (R490; mungo.co.za) het verstelbare skouerbande, wat beteken dit sal enigeen perfek pas! Dis te kry in die kleure Berry, Aubergine en Wild Yam, en het ’n lekker groot dubbele sak voor sodat al jou kookgereedskap heeltyd byderhand is.

2. Uit die natuur …

Forest Animal-vadoek R99, poetry.co.za.

3. Yskoud! 

Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc (R140; diemersdal.co.za) het ’n intense aroma van appelliefies en  tropiese vrugte danksy ’n ongewone produksieproses: Kort ná die oes in Februarie word die druiwe teen -20 °C gevries en dan eers in Junie ontdooi, waarna die inenting en wynmaak-proses soos gewoonlik plaasvind. Dit resultaat is ’n uitsonderlike vrugtegeur – proe is glo! 

4. Loer in!

Die Rum Tum Tum-opskiet­kroeg, in samewerking met die ouens agter Thirst Bar Services, is geleë in Bree­straat in Kaapstad en het ’n mengeldrankie-spyskaart met al die nuutste rum-skeppings. Hulle is van seweuur saans oop (Donderdag tot Sondag), tot einde April. Volg hulle op facebook.com/rumtumtumbar/

1. ’n Goeie begin

Checkers maak dit nou makliker en ligter op jou sak om gesonde alternatiewe vir alledaagse produkte te gebruik. Hul nuwe Simple Truth-reeks is vry van kunsmatige kleure of geure, kunsmatige versoeters of bygevoegde mononatriumglutamaat (“MSG”). Die reeks bevat alles van geriefsmaaltye tot staatmakers vir die spensrak, asook skoonmaakmiddels. Besoek checkers.co.za.

2. Vir die voëls

Ons is dol oor dié oulike reeks bekers (R89 elk, net aanlyn beskikbaar by home.co.za) wat die Australiese kunstenaar Pete Cromer vir Maxwell & Williams ontwerp het. Op elkeen pryk ’n Australiese dier in Pete se kenmerkende, abstrakte styl.

3. Reënboogkleur

Bederf die kleinspan met die nuwe Unicorn- bevrore jogurt (vanaf R22,50 vir ’n klein bakkie) by Marcel’s-takke landwyd. Besoek marcels.co.za.

4. Wilde bekoring …

In Delheim Chenin Blanc Wild Ferment 2017 (R125, delheim.com) voer vrugtegeure die botoon met titsels appelkose, perskes en gort, terwyl eikehout die suurheid balanseer en sitrus die tong prikkel en daar talm. Buiten die spontane gisting met inheemse gis, word die wyn in Franse eikehoutvate van 500 liter verouder om die geurdiepte te beklemtoon. Delheim se Garden Restaurant paar dit graag met ’n masala-hoenderslaai – probeer dit! 

1. Platanna

Oxo Good Grips-nylonspaan R139, yuppiechef.com 

2. Probeer dié twee Belgiese biere – Leffe Blonde, ’n wit bier met ’n mout-aroma, en Hoegaarden, ’n koringbier met ’n natuurlike troebel, ongefiltreerde voorkoms en vanieljegeur – wat nou in Suid-Afrika te kry is. Kyk uit daarvoor by uitgesoekte verskaffers landwyd as tapbier en in 330 ml-bottels.

3. ’n Mengelmoes van geur 

Tastes of Durban (R260, Penguin Random House) deur David Bird en Deshnie Govender vier Durban se multikulturele erfenis met resepte wat wissel van pikante, aromatiese Indiese geregte, vis en seekos tot disse met ’n Portugese, Zoeloe- en Britse invloed. Gunstelinge sluit salm in ’n mango-en-gemmersous, ertjie-dhal en chakalaka in.