kos en drank

1 DEK ’N TAFEL

Sit ’n spogmaal voor op ’n DSA Hibiscus-tafeldoek van katoen (vanaf R1 119 vir een van 180 x 230 cm, yuppiechef.com). Te mooi!

2 Die HEEL BESTE

Tweebestanddeel-deeg, driebestanddeel-kaaskoek, Steri Stumpie-mousse ... Lui dit ’n klokkie? Dan het jy seker al dié Foodies of SA-resepte iewers op sosiale media raakgesien. Foodies Top 100 (R390, Quivertree) is ’n keur uit die handelsmerk se mees geliefde en gedeelde resepte oor die afgelope twee jaar – netjies verpak in ’n pragtige kookboek! Ons kan nie wag om die sjokolade-koek te bak en met Liquorice Allsorts in ’n Afrika-geïnspireerde patroon te versier nie!

3 KAT SE KANS

Wild Cat-piekniekkombers (140 x 140 cm) van katoenseil met ‘n leerriem R1 500, lovemilo.com.

kos en drank

1 GESOND ÉN LEKKER

Linda McCartney Foods (eksklusief by Checkers en Checkers Hyper) is ’n gourmet-reeks veganistiese en vegetariese produkte gemaak van voortreflike bestanddele. Probeer die worsies met rooi ui en roosmaryn (vanaf R29,99 vir ’n pak van 6) en sappige “vleis”-koekies (vanaf R29,99 vir ’n pak van 4).

2 KERSIE OP DIE KOEK

Happy Culture se reeks probiotiese tee het twee nuwe geure bygekry! Die Cherry CBD is die ene heilsame vrugte, met ’n skeut topgehalte-CBD-olie. Die Zesty Energy Kombucha bevat weer verfrissende sitrus, asook guarana en ginseng vir ’n energie-inspuiting wat die liggaam én verstand verkwik. Besoek happyculture.co.za.

3 EFFE DROOG

Robertson-wynkelder het ’n droë opsie by sy gewilde reeks nie-alkoholiese vonkelwyne gevoeg. Die Dry Sparkling White (R55, robertsonwinery.co.za) is verfrissend sonder oormatige soetheid – perfek om aan te teug langs die swembad of teen sononder op die strand.

4 NES MA S’N

Die sjefs en kreatiewe spyseniers Johnny Hamman en Marius Uys se nuwe restaurant, Hamm & Uys, bring Suid-Afrikaanse erfeniskos met moderne wêreld-flair na die historiese Blaauwklippen-wynlandgoed op Stellenbosch. Die eetplek is die ene plaasstyl met ’n ontspanne atmosfeer, en belowe “die nostalgie van jou ma se kos, herontwerp vir die eietydse palet”. Hul klassieke Sondagmiddagetes is ’n moet! Dis van Dinsdag tot Sondag oop van 10:00 tot 17:00; sien meer by blaauwklippen.com. Boonop kan jy ’n splinternuwe reeks handgemaakte jenewers wat in klein maat gedistilleer is (vanaf R385, blaauwklippen.com) hier proe; ’n jenewer-en-nougat-proe, enige dag van die week tussen 10:00 en 17:00, kos R135 per persoon.