1 VOL IN DIE BLOM

Stel Magnolia-flesse R530, lovemilo.com.

2 DIE HOOFGEREG

Bord (R375; Struik Leefstyl) deur die kosliefhebber en -skrywer Marlene van der Westhuizen is ’n uitstekende versameling smullekker hoof­geregte in die brasserie-styl. Die resepte wissel van klassieke geroosterde lamsblad tot liplekker skelvis-gratin en sluit talle ander smaak­sensasies uit haar kulinêre argiewe in. Al die geregte is getoets in haar gesinshuis in Groenpunt, Kaapstad, of by haar tweede huis op die Middeleeuse dorpie Charroux in Frankryk.

3 Spesiaal vir Ma

Die pragtige nuwe handgemaakte borde deur Kt-Tiles & KT ableware (R130 elk; omtrent 15 cm) is die perfekte geskenk vir Moedersdag. Skakel 082 853 7481 of soek Kt-Tiles & KT ableware op Facebook. 

1 LOCAL IS LEKKER 

Urbanologi, ’n eetplek by die bekroonde Mad Giant-brouery in Johannesburg, onderstreep sy toewyding tot ’n meer volhoubare ekostelsel met Project 150 waarvolgens al die bestanddele, buiten speserye, binne 150 km van die restaurant verkry word. Sjef Jack Coetzee se spyskaart is in lyn met die “slow food”-benadering om goeie verhoudings met verskaffers op te bou; die afstand in kilometer wat die kos van sy punt van oorsprong na die tafel gereis het, word op ’n kaart aangedui. Besoek urbanologi.co.za vir nog inligting. 

2 Begin die dag reg

Maak jou oggendkoffie ’n vrolike affêre met Italiaans ontwerpte Tognana-koffiepotte (R399), -melkpotte (R239) en -bekers (vanaf R79). Sien classichouseware.co.za

3 TWEESPEL

Revenant Red (R100; waterkloofwines.co.za), vervaardig vir False Bay Vineyards op Water­kloof, is ’n wen­kombinasie wat die klassieke versnit van cabernet sauvignon- en cinsualt-druiwe laat herleef. Die wyn toon die sterk eienskappe van rooi vrugte in die glas en ’n effense donker­sjokolade-geur. Gesondheid!  

1 ETENSTYD!

Curry Club in Tuine, Kaapstad, besorg smullekker gourmet-kerrie voor jou deur – aflewering is gratis in die stadskom en omgewing! Jy kan besluit presies hoe sterk jy jou kerrie wil hê en daar is veganistiese, banting- en neutvrye opsies. Sien die spyskaart (en bestel) by curryclub.co.za of skakel 021 300 3971.  

2 Dis ’n bysaak 

Quercus Health se ongefiltreerde, nie-bestraalde suiwer goue heuning is ’n lieflike geskenk! Die rou heuning word vervaardig in Ermelo, Mpumalanga, en gegeur met onder meer karde-mom, borrie en swartpeperkorrels, kaneel en gemmer. Pasgemaakte geskenk-pakke en -bokse en gratis geskenkpapier (handgedruk met rooibostee- of koffie-ink) is ook beskikbaar. Sien meer by quercushealth.co.za. ’n 125 ml-glasfles rou heuning gegeur met borrie en swartpeper kos R70.

3 BORRELS!

Die verfrissende nuwe Brut Rosé-vonkelwyn van Robertson Winery spog met blomgeure – en teen net R65 per bottel is dit ‘n bederf wat lig op jou sak is! Besoek robertsonwinery.co.za.

4 Iets in die sak 

Die reeks pragtige Loqi-sakke (R179; yuppiechef.com) is duursaam, herbruikbaar en rits toe in ’n nuttige klein sakkie wat in jou handsak pas. Dit beste van als? Dit kan 20 kg se inkopies dra!

Skep of skink!

1 Inverroche Distillery in Stilbaai, bekend vir hul boetiek­jenewer, bied nou ook tuisgemaakte, plant­gebaseerde gelatomet klapper as basis; vloeibare versoeters soos agave- en esdoringstroop sorg vir soetigheid en geen preserveermiddels of kunsmatige geurmiddels word gebruik nie. Ons het die Belgian Chocolate and Gin (vanaf R35 per skep) deur die stigter, Lauren Scott, geproe. Besoek inverroche.com

2 Drumshanbo Gunpowder Gin is deur die Iere aangewys as hul beste jenewer, en dis nou in SA beskikbaar. Dié drankie bevat 12 botaniese bestanddele uit Asië en Ierland, en word stadig met die hand gedistilleer by die Shed Distillery op die piepklein dorpie Drumshanbo. Dis beskikbaar by die meeste goeie drankwinkels, onder meer Norman Goodfellows, Makro en Pick n Pay Liquor, teen R399 per bottel.

3 Indlovu Gin (R615; yuppiechef.com) is uniek weens die bydrae deur olifante. Hulle soek die bessies en vrugte wat hulle wil eet noukeurig uit, en later word die reste uit hul mis gehaal en in die distilleerproses gebruik. Indlovu Gin het aardse geure met aromas van jenewerbessie en sitrus; 15% van die wins gaan aan die Africa Foundation ter ondersteuning van wildbewaring deur die Phinda Wildlife Project.